Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan verteenwoordig Nieu-Seeland in internasionale sokker en val onder die beheer van New Zealand Football (NZF), die land se sokkerbeheerliggaam wat in 1891 gestig is.
Nieu-Seeland het in 1948 by FIFA aangesluit en was in November 1966 een van die stigterslede van die Oceania Football Confederation (OFC).
Nieu-Seeland het twee keer aan die FIFA Wêreldbeker deelgeneem: in 1982 en 2010. In 1982 het hulle al hul groepwedstryde verloor, terwyl hulle in 2010 drie gelykop uitslae behaal het, maar nie die groepfase oorleef het nie.
Die span dra tradisioneel heeltemal wit uniforms, wat gelei het tot hul bynaam, die All Whites, in teenstelling met die land se nasionale rugbyspan, die All Blacks.
Nieu-Seeland het vyf keer die OFC Nasiesbeker gewen, naamlik in 1973, 1998, 2002, 2008, 2016 en 2024. Sedert Australië in 2006 by die Asiatiese Sokkerkonfederasie aangesluit het, het Nieu-Seeland die oorheersende span in die OFC geword.
Verwysings
Eksterne skakels
Nieu-Seeland Kategorie:Sokker in Nieu-Seeland