Die Guyaanse nasionale sokkerspan (Engels: Guyana national football team) verteenwoordig Guyana in internasionale sokkerwedstryde en word beheer deur die Guyana Football Federation (GFF). Die span is 'n lid van FIFA, CONCACAF, en die Caribbean Football Union (CFU).

Guyana het oor die jare aan verskeie CONCACAF- en Karibiese toernooie deelgeneem. Hulle het in 2019 vir die eerste keer vir die CONCACAF Gold Cup gekwalifiseer.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nasionale sokkerspanne