raamloos|links|Agteraansig Die Canon EOS 5D Mark IV is 'n professionele graad 30,4 megapieksel volraam digitale enkellensreflekskamera (DSLR) wat deur Canon gemaak is. Die 5D Mark IV word as slegs 'n kas of in 'n pakket met 'n EF 24-105mm f/4L IS II USM-zoemlens of 'n EF 24-70mm f/4L IS USM- zoemlens aangebied.

Dit is op 25 Augustus 2016 aangekondig as opvolg van die EOS 5D Mark III. Die Mark IV se kleinhandelprys in September 2016 was $3,499 in die VSA, £3,599 in die Verenigde Koninkryk en €4,129 in die Eurosone.

Sedertdien het Canon nog nie weer 'n DSLR van hierdie soort verkoop nie. Die EOS R5 spieëllose kamera kan effektief as die opvolger in hierdie marksegment beskou word.

Verwysings

Kategorie:Canon-kameras