duimnael|Vladimir Kara-Murza in 2024. Vladimir Vladimirovich Kara-Murza (Russies: Владимир Владимирович Кара-Мурза, IPA: [kɐˌra mʊrˈza]; gebore op 7 September 1981) is 'n Russies-Britse politieke aktivis, joernalis en skrywer, en voormalige politieke filmmaker.

Kara-Murza, 'n protégé van die vermoorde Russiese opposisieleier Boris Nemtsof, is die ondervoorsitter van Open Russia, 'n nie-regeringsorganisaie wat gestig is deur die verbanne Russiese sakeman en voormalige oligarg, Mikhail Khodorkovsky, wat die burgerlike samelewing en demokrasie in Rusland bevorder.

Hy is in 2012 tot die Koördinerende Raad van die Russiese Opposisie verkies, en het gedien as adjunkleier van die People's Freedom Party van 2015 tot 2016. Hy het twee dokumentêre films, They Chose Freedom en Nemtsov, geregisseer. Vanaf 2021 dien hy as senior genoot van die Raoul Wallenberg Sentrum vir Menseregte. Hy is in 2018 met die Civil Courage-prys bekroon.

Arrestasie en vonnis In April 2022, nadat hy hom uitgespreek het teen die Russiese inval in die Oekraïne, is Kara-Murza gearresteer op aanklag van die verontagsaming van polisiebevele. Sy aanhouding is verleng nadat aanklaers nuwe aanklagte van "diskreditering" van die weermag aanhangig gemaak het, en in Oktober 2022 is hy van hoogverraad aangekla. Amnestie Internasionaal en ander het die aanklagte polities gemotiveerd genoem weens sy anti-oorlogse sienings. In Oktober 2022 is die Václav Havel-menseregteprys aan hom toegeken.

In April 2023 is Kara-Murza tot 25 jaar tronkstraf gevonnis, en na 'n tronkkolonie in Siberië gestuur. In 2024 is hy bekroon met die Pulitzerprys vir kommentaar vir die rubrieke wat hy voortgegaan het om vanuit sy tronksel vir The Washington Post te skryf.

Vrylating Op 1 Augustus 2024 is Kara-Murza uit die tronk vrygelaat as deel van 'n gevangene-uitruiltransaksie waarby twee dosyn individue van sewe verskillende lande betrokke was.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse skrywers Kategorie:Russiese skrywers Kategorie:Russiese politici