Die Regeringspensioenfonds (Engels: Government Employees Pension Fund - GEPF) is 'n vastevoordeelfonds wat pensioene en verwante voordele namens staatswerknemers in Suid-Afrika bestuur. Dit is in 1996 gestig en is die grootste pensioenfonds in Suid-Afrika en een van die grootste pensioenfondse in Afrika en die wêreld.

Die onttrekkingsvoordele wat die GEPF bied is; Aftreevoordele; Voordele vir swak gesondheid of ongeskiktheid; en Dood voordele.

Die GEPF word beheer deur die Wet op Staatswerknemerspensioen (GEP) (1996). Die uitvoerende gesag van die GEPF is die Raad van Trustees (“Raad”).

Die GEPF het sy administrasie- en beleggingsaktiwiteite aan onderskeidelik die regeringspensioenadministratiewe agentskap (GPAA) en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) uitgekontrakteer. Die GPAA voer daaglikse administrasie uit terwyl die OBK fondse namens die GEPF belê.

Die GEPF het ongeveer meer as 1,267 miljoen aktiewe lede van meer as 325 staatsdepartemente en sowat 524 030 pensioenarisse en ander begunstigdes.

Die befondsingsvlak van die GEPF is 110.1% (gebaseer op die goedgekeurde aktuariële waardasie wat op 31 Maart 2021 uitgevoer is).

Opgehoopte fondse en reserwes: R2,27 triljoen volgens finansiële state soos op 31 Maart 2023.

Geografiese voetspoor: Kliënte-instapsentrums is in al nege provinsies van Suid-Afrika.

Frans Baleni die Voorsitter van die GEPF se Raad van Trustees het op 19 Desember 2025 in ‘n einde van die jaar boodskap, gestel dat in die 2024/25-boekjaar het die fonds sy veerkragtigheid getoon met 'n totale bates ter waarde van R2,69 triljoen, 'n beleggingsopbrengs van 14,1% en 'n sterk befondsingsvlak van 119%. Year End Message from the GEPF Chairperson, 19 Desember 2025

Sien ook Aftrede Pensioen Pensioene in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Who is the GEPF: https://gepf.co.za/who-is-gepf/ Besoek 3 Maart 2025.

Kategorie:Ekonomie