CoRoT-7 is 'n dubbelster in die sterrebeeld Eenhoring. Die stelsel bestaan uit twee sterre: CoRoT-7A en CoRoT-7B. CoRoT-7A is 'n geeldwerg en die primêre ster in die stelsel. Dit is effens kleiner en koeler as die Son. CoRoT-7B, die sekondêre ster, is 'n rooidwerg wat in 2021 ontdek is. Die stelsel is veral bekend vir die superaarde-eksoplanete CoRoT-7b en CoRoT-7c, wat in 2009 deur die CoRoT-ruimteteleskoop ontdek is en wat die eerste bevestigde rotsagtige eksoplanete is. 'n Derde eksoplaneet, CoRoT-7d, is ook later in die stelsel ontdek.https://arxiv.org/abs/0908.0241https://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-id?mescat.distance=on&Ident=%404701507&Name=CoRoT-7

Verwysings

Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Eenhoring (sterrebeeld)