thumb|links|160px|Maite Perron speel die rolle van Rebecca "Becca" Fuentes, Tamara Sanchez en Aleida Trujano.
Triptyche (ook bekend as Tríada, en in Brasilië as Três vidas) is 'n Mexikaanse misterierillerreeks vir televisie wat deur Argos Televisión vir Netflix vervaardig is. Die reeks is deur Leticia López Margalli geskep en geskryf, en is geskoei op ware gebeure. Dit is op 22 Februarie 2023 deur Netflix uitgereik.
Die hoofrol, wat eintlik drie rolle is, word vertolk deur Maite Perroni. Ander akteurs is David Chocarro, Flavio Medina, Nuria Bages en Ana Layevska.
Storielyn Becca (Maite Perroni) is 'n forensiese kundige in Mexiko wat, terwyl sy 'n moord ondersoek, besef die slagoffer lyk net soos sy. Sy vind uit sy is by geboorte van haar twee drielingsusters geskei. Sy begin 'n gevaarlike sending om die waarheid oor haar lewe uit te vind.
Rolverdeling Die belangrikste akteurs is:
Maite Perroni as die drieling Rebecca "Becca" Fuentes, Tamara Sanchez en Aleida Trujano David Chocarro as Humberto Solano, Becca se minnaar en 'n polisieman Flavio Medina as Eugenio Saenz, Aleida se man Nuria Bages as die sielkundige Nuria Bages
Verwysings
Skakels 20px Hierdie artikel is vertaal uit die Portugese Wikipedia
Kategorie:Mexikaanse televisiereekse