In ekonomiese terme is deflasie 'n afname in die algemene prysvlak van goedere en dienste.Robert J. Barro and Vittorio Grilli (1994), European Macroeconomics, hfst. 8, p. 142. Gedurende 'n tydperk van deflasie daal die inflasiekoers tot onder 0% ('n negatiewe inflasiekoers geld dus). Oor tyd verminder inflasie die waarde van die geldeenheid terwyl deflasie dit verhoog. Gevolgllik kan meer goedere en dienste as voorheen met dieselfde bedrag geld gekoop word. Deflasie moet van disinflasie onderskei word. Disinflasie is 'n verlangsaming in die inflasiekoers, dit is wanneer inflasie tot 'n laer koers daal maar steeds positief is. In Suid-Afrika het brandstofpryse vir die twaalf maande tot einde April 2022 met 29,2% gestyg en na Julie na 56,2% versnel (inflasie). Dit is gevolg deur ' n tyd van disinflasie toe die jaar-op-jaar koers van toename na 3,5% afgeneem het in Mei 2023, gevolg deur 'n tyd van deflasie tussen Junie 2023 en Augustus 2023.S A Reserwebank, Quarterly Bulletin, September 2023

As deflasie onverwags voorkom, glo baie ekonome dat dit 'n deflasionêre skok veroorsaak, wat problematies vir die ekonomie is, aangesien dit die reële waarde van skuld verhoog. Deflasie kan ook resessies vererger en kan voorts lei tot 'n deflasionêre spiraal.Hummel, Jeffrey Rogers. "Death and Taxes, Including Inflation: the Public versus Economists" (January 2007).

Sommige ekonome is van mening dat langdurige deflasie verband hou met tegnologiese vooruitgang, want soos produktiwiteit toeneem, daal die koste van goedere en dienste.

Deflasie vind gewoonlik plaas gedurende tye van hoë aanbod (wanneer oortollige produksie plaasvind), lae vraag (wanneer verbruik afneem), of wanneer die geldvoorraad afneem (soms in reaksie op 'n inkrimping wat veroorsaak word deur sorgelose investering of 'n kredietkrisis) of as gevolg van 'n netto kapitaaluitvloei uit die ekonomie. Dit kan ook voorkom wanneer daar te veel mededinging en te min markkonsentrasie is. 

Oorsake en ooreenstemmende tipes van deflasie Wanneer pryse daal, spoor dit verbruikers aan om aankope en verbruik uit te stel totdat pryse verder daal, met die gevolg dat algehele ekonomiese aktiwiteit afneem. Dit lei op sy beurt weer tot ledige kapasiteit en derhalwe 'n daling in investering. Dan ontstaan 'n deflasionêre spiraal. 'n Manier om dit te stuit of selfs om te keer, is om die ekonomie te stimuleer deur byvoorbeeld besteding aan aspekte soos produktiewe infrastruktuur te verhoog of die geldvoorraad (deur die Reserwebank) uit te brei.

As 'n risiko vermydingsmaatreël stel beleggers en kopers dikwels besteding besteding uit, met die gevolg dat geld opgegaar word omdat die waarde daarvan oor tyd sal toeneem. Dit kan 'n likiditeitstrik veroorsaak of dit kan lei tot tekorte wat beleggings lok waarmee meer werksgeleenthede en produksie beskikbaar kom. 'n Sentrale bank kan gewoonlik nie negatiewe rente vir geld hef nie, en selfs om nulrente te hef, is dikwels minder stimulerend as effens hoër rentekoerse. In 'n geslote ekonomie is dit omdat die heffing van nulrente ook beteken dat daar geen opbrengs op staatseffekte is nie Op die kort termyn kan dit selfs tot 'n negatiewe opbrengs lei. In 'n oop ekonomie kan so iets tot 'n devaluasie van die geldeenheid lei, waardeur invoere duurder word sonder dat uitvoere noodwendig in dieselfde mate baat vind.

Deflasie is die natuurlike verskynsel wanneer die aanbod van geld vas is, of nie so vinnig groei soos die bevolking en die ekonomie nie. Wanneer dit gebeur, word geld skaarser en gevolglik styg die koopkrag van die geldeenheid. Deflasie vind ook plaas wanneer produksiedoeltreffendheid verbeter, waardeur koste verlaag word. Mededinging spoor sulke produsente dikwels aan om ten minste 'n gedeelte van hierdie kostebesparings aan verbruikers by wyse van verlaagde pryse deur te gee. Verbruikers betaal minder, dus het deflasie plaasgevind. Koopkrag het toegeneem.

Deflasie kan veroorsaak word wanneer die aanbod van geld afneem en die aanbod van goedere styg. Histories word deflasie dikwels geassosieer met 'n toename in die aanbod van goedere (as gevolg van verhoogde produktiwiteit) sonder 'n dienooreenkomstige toename in die aanbod van geld, of (soos met die Groot Depressie en moontlik in Japan in die vroeë 1990's) as die vraag na goedere en die geldvoorraad daal. Volgens studies van die Groot Depressie deur Ben Bernanke het die Amerikaanse Federale Reserweraad in reaksie op verminderde vraag, die geldvoorraad verminder, en daardeur bygedra het tot deflasie.

Oorsake aan die vraagkant sluit in:

Groei deflasie Opgaring ("Hoarding")

En aan die aanbodkant:

Groeideflasie Groeideflasie is 'n langdurige afname in die reële koste van goedere en dienste as gevolg van tegnologiese vooruitgang, gepaardgaande met mededingende prysverlagings, wat 'n toename in totale vraag tot gevolg het.

Bankkredietdeflasie Bankkredietdeflasie is 'n afname in die bankkredietvoorraad. Dit kan gebeur as gevolg van bankmislukkings, verhoogde waargenome risiko van wanbetalings deur private entiteite of 'n inkrimping van die geldvoorraad deur die sentrale bank.Carapella, Francesca (2015). "Banking panics and deflation in dynamic general equilibrium". Finance and Economics Discussion Series 2015-018. Washington: Board of Governors of the Federal Reserve System. .

Skulddeflasie Skulddeflasie is 'n ingewikkelde verskynsel wat gewoonlik plaasvind aan die einde van langtermynkredietsiklusse. Dit is as 'n teorie voorgestel deur Irving Fisher (1933) om die deflasie van die Groot Depressie te verduidelik. Tydens die Groot Depressie het die pryse van veral landbouprodukte in Suid-Afrika aansienlik langdurig gedaal.

Deflasie verwant aan Aanbodkant van geld Vanuit 'n monetêre perspektief word deflasie hoofsaaklik veroorsaak deur 'n vermindering in die omsetsnelheid van geld of die hoeveelheid geldvoorraad per persoon.

'n Historiese ontleding van die omsetsnelheid van geld en monetêre basis toon 'n omgekeerde korrelasie: vir 'n gegewe persentasie afname in die monetêre basis is die resultaat 'n byna gelyke persentasie toename in die omsetsnelheid van geld. Let egter daarop dat monetêre basis egter 'n baie enger definisie van geld is as M2 geldvoorraad. Daarbenewens is die snelheid van die monetêre basis rentekoerssensitief: hoe hoër die rentekoers, hoe hoër die snelheid.

Kredietdeflasie In moderne kredietgebaseerde ekonomieë kan deflasie veroorsaak word deur die sentrale bank wat hoër rentekoerse inisieer (om inflasie te beheer), en daardeur moontlik 'n bateborrel laat ontstaan. In 'n kredietgebaseerde ekonomie lei 'n verlangsaming of daling in lenings tot minder geld in omloop. Namate vertroue verminder en omsetsnelheid van geld afneem, kan geldvoorraad daal, wat weer kan lei tot 'n afname in die vraag na goedere en dienste. Die afname in die vraag na goedere en dienste lei tot prysverlagings namate 'n ooraanbod van goedere en dienste ontwikkel. Sodra pryse onder die finansieringskoste van produksie daal, ontstaan 'n deflasionêre spiraal. Dit kan lei tot die likwidasie van ondernemings, aangesien winsgewendheid onvolhoubaar word. Verbandlenings wat deur banke toegestaan is, daal in waarde. Indien sulke bates verkoop word, ontstaan daar weer 'n ooraanbod, wat die situasie net vererger. Om hierdie deflasionêre spiraal te vertraag of te stop, sal banke dikwels invordering van nie-presterende lenings weerhou ( soos in Japan, en meer onlangs Amerika en Spanje). Dit is dikwels onsuksesvol, want hulle moet dan krediet beperk aangesien hulle nie geld het om uit te leen nie, wat die vraag dan net weer verder laat daal.

Uitwerking

Op besteding en lenings Sommige meen dat deflasie welkom is as skuldvlakke laag is, omdat die verlaging van pryse die koopkrag verhoog. Alhoewel 'n toename in die koopkrag van geld sommige mense bevoordeel, word ander nadelig geraak: na 'n tydperk van deflasie verteenwoordig rentebetalings 'n groter hoeveelheid koopkrag as vroeër toe die skuld aangegaan is. Gevolglik kan deflasie beskou word as 'n effektiewe verhoging in die rentekoers op lenings.

Namate terugbetalingstermyne van lenings verleng en leningsfinansiering (of hefboomfinansiering) algemeen voorkom, het die koste van deflasie dus vir leners gestyg.

Op spaar en beleggings Deflasie kan private investering ontmoedig, want daar is verminderde toekomstige winsverwagtinge omdat toekomstige pryse laer is. Gevolglik, met verminderde private beleggings, kan spiraalvormige deflasie 'n ineenstorting in die totale vraag veroorsaak. Sonder die “verborge risiko van inflasie” kan dit meer verstandig word vir instellings om aan geld vas te hou, en om dit nie te bestee of te belê nie (of om geld te begrawe). Hierdie "opgaar"-gedrag word deur die meeste ekonome as ongewens beskou.

In vergelyking met inflasie Deflasie veroorsaak 'n oordrag van rykdom van leners en houers van illikiede bates tot voordeel van spaarders en van houers van likiede bates en valuta. Verwarrendede prysseine veroorsaak onderbelegging. In hierdie sin is die uitwerking daarvan die teenoorgestelde van inflasie, waarvan die effek is om rykdom van houers van monetêre eenhede (geld) en spaarders na leners, insluitend regerings, oor te dra, waardeur oorbelegging veroorsaak word. Terwyl inflasie korttermynverbruik aanmoedig en insgelyks investering in projekte, wat in reële terme dalk nie die moeite werd is nie, kan oorstimuleer (verwys byvoorbeeld na die dot-com en behuisingsborrels ), verminder deflasie investering selfs wanneer daar 'n werklike vraag is waarin daar nie voorsien word nie. In moderne ekonomieë word deflasie gewoonlik met ekonomiese depressie geassosieer, soos in die Groot Depressie en die Lang Depressie plaasgevind het.

Deflasionêre spiraal 'n Deflasionêre spiraal is 'n situasie waar dalings in die prysvlak lei tot laer produksie, wat weer lei tot laer lone en vraag, wat op sy beurt weer lei tot verdere dalings in prysvlakke. Aangesien verlagings in die algemene prysvlak deflasie genoem word, vind 'n deflasionêre spiraal plaas wanneer prysverlagings tot 'n bose kringloop lei, waar 'n probleem sy eie oorsaak vererger. In die wetenskap staan hierdie effek ook bekend as 'n positiewe terugvoerlus.

Die Groot Depressie is deur sommige as 'n deflasionêre spiraal beskou.

Die teenwerking van deflasie Tydens ernstige deflasie kan die teiken van 'n rentekoers (die gewone metode om te bepaal hoeveel van 'n betrokke geldeenheid geskep moet word) ondoeltreffend wees, want selfs die verlaging van die korttermynrentekoers tot nul kan lei tot 'n reële rentekoers wat te hoog is om kredietwaardige leners te lok. In die 21ste eeu is negatiewe rentekoerse probeer, maar dit kan nie te negatief wees nie, aangesien mense kontant uit bankrekeninge kan onttrek as hulle 'n negatiewe rentekoers het. Die sentrale bank moet dus direk 'n teiken stel vir die hoeveelheid geld (genoem " kwantitatiewe verligting ") en kan buitengewone metodes gebruik om die aanbod van geld te verhoog, bv. die aankoop van finansiële bates van 'n tipe wat nie gewoonlik deur die sentrale bank as reserwes gebruik word nie ( soos verbandgesteunde sekuriteite ). Voordat hy voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad was, het Ben Bernanke in 2002 beweer, "voldoende inspuitings van geld sal uiteindelik altyd deflasie omkeer". Japan se deflasionêre spiraal is egter nie gebreek deur die hoeveelheid kwantitatiewe verligting wat deur die Bank van Japan verskaf is nie.

Tot die 1930's is algemeen deur ekonome geglo dat deflasie homself sou genees. Soos pryse afgeneem het, sou die vraag natuurlik toeneem, en die ekonomiese stelsel sou homself regstel sonder ingryping van buite.