Elegia squamosa is 'n meerjarige plant wat deel van die Restionaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van 21 753 km² en kom vanaf Malmesbury tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by Bredasdorp en Mosselbaai voor. Die spesie se bevolking het met 50% gedaal weens verlies aan habitat. Die plant word nou as seldsaam beskou en word steeds bedreig deur gewasverbouing, stedelike ontwikkeling en indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

squamosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika