Elegia verreauxii is 'n meerjarige plant wat deel van die Restionaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom vanaf Malmesbury suidwaarts tot by die Kaapse Vlakte voor, daarvandaan ooswaarts tot by Bredasdorp. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 5600 km² en is deel van die fynbos. Daar is elf gefragmenteerde subbevolkings bekend en hulle word bedreig deur indringerplante, gewasverbouing en ontwikkkeling.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
verreauxii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika