250px|thumb|220px|Die asteroïed 596 Scheila toon op 12 Desember 2010 'n komeetagtige voorkoms. thumb|220px|Stofuitwerpsels en 'n stert ná die impak van die Double Asteroid Redirection Test op die asteroïedmaan Dimorfos.
Aktiewe asteroïede is Klein Sonnestelselliggame wat die wentelbaan van 'n asteroïed, maar komeetagtige visuele eienskappe het. Dit beteken hulle het 'n koma, stert en ander visuele tekens van massaverlies (soos 'n komeet), maar hulle wentelbane bly binne Jupiter s'n (soos 'n asteroïed).
Dié liggame is aanvanklik in 2006 deur die sterrekundiges David Jewitt en Henry Hsieh hoofgordelkomete (HGK's) genoem, maar dié naam impliseer dat hulle noodwendig 'n ysige samestelling soos 'n komeet het en dat hulle net in die hoofasteroïedgordel voorkom, hoewel die groeiende populasie aktiewe asteroïede wys dit is nie altyd die geval nie.
Die eerste aktiewe asteroïed wat ontdek is, is 7968 Elst-Pizarro. Dit is in 1979 (as 'n asteroïed) ontdek, maar Eric Elst en Guido Pizarro het in 1996 ontdek dit het 'n stert, en dit het die komeetnaam 133P/Elst-Pizarro gekry.
Wentelbane Anders as komete, wat die grootste deel van hulle wentelbaan so ver as Jupiter, of verder, van die Son af bly, volg aktiewe asteroïede wentelbane binne dié van Jupiter wat dikwels ononderskeibaar van die wentelbane van standaardasteroïede is.
Die drie eerste geïdentifiseerde aktiewe asteroïede kom almal in die buitenste deel van die asteroïedgordel voor. (older 2010 site)
Aktiwiteit thumb|240px|Die disintegrasie van die asteroïed P/2013 R3, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop (6 Maart 2014).
Sommige aktiewe asteroïede het 'n stert vir net 'n deel van hulle wentelbaan naby perihelium. Dit is 'n sterk aanduiding dat vlugtige stowwe op hulle oppervlak sublimeer en stof wegdryf.The proposed Caroline ESA M3 mission to a Main Belt Comet. Geraint H. Jones, Jessica Agarwal, Neil Bowles, Mark Burchell e.a. Advances in Space Research. 25 Februarie 2018. Aktiwiteit in 133P/Elst–Pizarro is herhalend en is waargeneem by elk van die drie laaste periheliums. Die aktiwiteit duur 'n maand of verskeie maande van elke wentelbaan van vyf tot ses jaar voort, en is vermoedelik vanweë ys wat blootgestel is in klein botsings in die afgelope 100 tot 1 000 jaar.
Toe P/2010 A2 (LINEAR) in Januarie 2010 ontdek is, het dit aanvanklik 'n komeetnaam gekry en is geglo dit toon komeetagtige sublimasie,MPEC 2010-A51 : COMET P/2010 A2 (LINEAR) maar daar word nou geglo dit is die oorblyfsel van 'n botsing tussen twee asteroïede. Waarnemings van 596 Scheila dui aan dat groot hoeveelhede stof uitgeskiet is deur 'n botsing teen 'n ander asteroïed met 'n deursnee van sowat 35 meter.
Dimorfos
Deur teen die asteroïedmaan van die dubbele asteroïed 65803 Didymos te bots het Nasa se Double Asteroid Redirection Test- (DART-)ruimtetuig Dimorfos 'n aktiewe asteroïed gemaak. Wetenskaplikes het voorgestel dat sommige aktiewe asteroïede die gevolg van botsings is, maar niemand het nog die aktivering van 'n asteroïed gesien nie. Die DART-sending het Dimorfos onder presiese en versigtig waargenome toestande geaktiveer, en vir die eerste keer die gedetailleerde bestudering van die vorming van 'n aktiewe asteroïed moontlik gemaak. Waarnemings het gewys Dimorfos het sowat 'n miljoen kilogram ná die botsing verloor. Die botsing het 'n stofpluim geproduseer wat die Didymos-stelsel tydelik verlig het en 'n 10 000 km lange stofstert veroorsaak wat verskeie maande sigbaar gebly het. Daar is voorspel die DART-botsing het 'n globale hervlakking en vervorming van Dimorfos meegebring, en 'n impakkrater van verskeie tiene meters breed veroorsaak.
Verkenning thumb|300px|Die asteroïed 101955 Bennu skiet deeltjies weg op 6 Januarie 2019, op foto's wat deur die OSIRIS-REx-ruimtetuig geneem is.
Castalia is 'n voorgestelde sendingkonsep vir 'n robotruimtetuig om 133P/Elst-Pizarro te verken en die eerste in situ-metings van water in die asteroïedgordel te doen, en dus die geheim te help oplos van die oorspong van die Aarde se water. Castalia is in 2015 en 2016 aan die Europese Ruimteagentskap voorgestel, maar dit het nie geslaag nie. Die span het voortgegaan om die sendingkonsep en wetenskapdoelwitte te ontwikkel. Vanweë die tyd wat vir bouwerk nodig is en die wenteldinamika is 'n lanseringsdatum van Oktober 2028 voorgestel.
Op 6 Januarie 2019 het die OSIRIS-REx-sending die eerste keer waargeneem hoe deeltjies van 101955 Bennu weggeskiet word kort nadat dit in 'n wentelbaan om die nabyaarde-asteroïed gegaan het. Dit het daartoe gelei dat Bennu herklassifiseer is as 'n aktiewe asteroïed. Dit was die eerste keer dat asteroïedaktiwiteit van naby deur 'n ruimtetuig waargeneem is. Dit het sedertdien nog minstens 10 sulke voorvalle waargeneem. Die omvang van die waargenome massaverliesvoorvalle is veel kleiner as wat voorheen deur teleskope by ander aktiewe asteroïede gesien is, wat aandui daar is verskeie magnitudes van massaverliesvoorvalle by aktiewe asteroïede.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Komete Kategorie:Asteroïede Kategorie:Sonnestelsel