Gnidia insignis is 'n struik wat deel van die Thymelaeaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Slanghoekberge, op sandsteen hellings tussen 600-1500 m, voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 11 km² en is deel van die fynbos. Die spesie word bedreig deur hakea-spesies en dennebome; beide is indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
insignis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika