duimnael|regs|330px|'n Bewoonde straat in Domburg, Suriname Domburg is 'n oord in die Wanica-distrik van Suriname, geleë aan die noordkus van Suid-Amerika. Die bevolking tydens die 2012-sensus was 5 661.Statoids.com

Ligging Domburg is aan die Surinamerivier geleë, sowat 16 km suid van die hoofstad Paramaribo. Dit word deur die distrik Commewijne in die noorde en ooste, Para in die suide en die oord Houttuin in die weste begrens. Naby Domburg in Oost is 'n kunsmatige wit sandstrand, White Beach, langs die Surinamerivier geskep.

Geskiedenis Domburg is in 1737 as 'n suikerrietplantasie gestig deur P. Thourron. In 1873 het die plaaslike bevolking 'n program van onafhanklike landbou begin wat aangemoedig is deur goewerneur van Sypesteyn wat Nieuw Amsterdam en Domburg as geskikte liggings aangewys het. Later het Domburg die setel geword van die Kommissaris van die voormalige Distrik van Bo-Suriname. In die 1930's is 'n pad gebou wat Domburg met Paramaribo verbind het en wat nywerhede na die gebied gelok het.

Bekende boorlinge

Desi Bouterse (1945–2024), president van Suriname (2010–2020) Max Woiski snr. (1911–1981), musikant.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kusstede Kategorie:Geografie van Suriname