Garrard Conley is 'n LGBTQ-aktivis en die skrywer van Boy Erased: A Memoir van 2016 waarin hy vertel van sy kinderjare in 'n fundamentalistiese gesin in Arkansas wat hom inskryf vir konversieterapie. Die boek is aangepas vir die 2018-rolpent Boy Erased, met Lucas Hedges in die rol van Conley.
Vroeë lewe Conley se pa was 'n Baptisteprediker en voormalige motorverkoopsman. Garrard het sy seksualiteit jare lank met sy geloof probeer vereenselwig. Hy het Lyon-kollege 'n semester lank bygewoon voordat hy huis toe teruggekeer het nadat 'n medestudent hom verkrag het. Conley is in 2004 na Love in Action gestuur vir konversieterapie: die omstrede skynwetenskaplike praktyk om iemand se seksuele oriëntasie met sielkundige en spirituele ingrypings van homoseksueel in heteroseksueel te verander.
By Love in Action het hy behandeling ondergaan by John Smid, wat later die organisasie verlaat en aangekondig het hy is steeds gay en dat hy nooit 'n man ontmoet het "wat van homoseksueel in heteroseksueel verander het nie".
Loopbaan en persoonlike lewe In 2016 het Conley Engels aan die Amerikaanse Universiteit van Sofia in Bulgarye doseer. Nadat hy Boy Erased: A Memoir geskyf het, het hy sy nuutgevonde roem gebruik "om die publiek in te lig oor die mishandelende praktyk van konversieterapie". Kort voor die uitreiking van die rolprent wat daarvan gemaak is, het Conley 'n podsending van vier episodes uitgereik met die titel UnErased: The History of Conversion Therapy in America.
Hy is assistentprofessor in kreatiewe skryfwerk aan die Kennesaw-staatsuniversiteit en woon saam met sy man in New York.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse skrywers