Oxalis purpurata is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap. Dit kom op die Bokkeveldberge-eskarp naby Nieuwoudtville voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 100 km² en 'n gedeelte van sy habitat word bedreig deur die verbouing van Rooibos tee. 'n Groot gedeelte van die populasie is veilig in die Oorlogskloof-natuurreservaat.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
purpurata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika