In die Griekse mitologie is Huakintos, Huakinthos of Hiasintus (Oudgrieks: Ὑάκινθος, , ) 'n goddelike held, en die geliefde van Apollo. Sy kultus by Amuklai, suidwes van Sparta, dateer uit die Miceense tydperk. Die held word verbind met plaaslike kultusse en word met Apollo geïdentifiseer. In die Klassieke tydperk het 'n temenos, of heiligdom, versprei rondom wat na bewering sy tumulus (grafheuwel) was, aan die voete van 'n standbeeld van Apollo.Daar is vondste van sub-Miceense votiewe figure en votiewe figure uit die Geografiese Tydperk gevind, maar met 'n gaping in kontinuïteit tussen die vondste by die terrein: Walter Burkert het die opinie uitgespreek dat "it is clear that a radical reinterpretation has taken place," met baie voorbeelde van hierdie breuk in kultus tydens die "Griekse Donker Eeue", insluitende Amukles (Burkert, Greek Religion, 1985, p 49); voor die na-oorlogse argeologiese periode het Machteld J. Mellink, (Hyakinthos, Utrecht, 1943) geargumenteer vir kontiniuïteit met Minoïese oorspronge.
Familie Huakintos word verbind met verskeie ouers, wat plaaslike skakels voorsien. Hy is die seun van Clio en Píeros,Apollodorus, 1.3.3 of koning Oibalos van Sparta,Lucianus van Samosata, Dialoë van die Gode Hermes and Apollo I of van koning Amuklas van Sparta,Apollodorus, 3.10.3; Pausanias, 3.1.3 stamvader van die mense van Amuklae, inwoners van Sparta. As die jongste en mooiste seun van Amuklas en Diomede, dogter van Lapithes, was Huakintos die broer van Cynortus,Apollodorus, 1.9.5 & 3.10.3; Pausanias, 3.13.1 Argalus,Pausanias, 3.1.3 Poluboea,Pausanias, 3.19.4 LaodamiaPausanias, 10.9.5 (of LeaniraApollodorus, 3.9.1), Harpalus,Pausanias, 7.18.5 (Achaica) Hegesandra,Skolia oor Homeros, Odusseus 4.10; Pherecudes van Syros, fr. 132 en in ander weergawes, van Daphne.Parthenius van Nicaea, Erotica Pathemata 15 Indien hy die seun was van Clio en Píeros, was Huakintos die broer van Rhagus.
Mitologie duimnael|Huakintos en die Westewind uitgebeeld op 'n rooifiguurvaas terwyl hulle interfemorale seks het (5de eeu v.C.).|links In Griekse mitologie was Huakintos 'n Spartaanse prins van merkwaardige skoonheid en 'n minnaar van die songod Apollo.Plutarchus, Numa 4.5 Hy is ook bewonder deur Zephuros, die god van die westewind, Boreas, god van die Noordewind en 'n sterflike man genaamd Thamuris. Huakintos het Apollo bo die ander gekies. Hy het Apollo se heilige lande besoek saam met die god, in 'n wa wat deur swane getrek is. So fel was Apollo se liefde vir Huakintos dat hy sy heiligdom in Delphi verlaat het om Huakintos se geselskap by die Eurotas-rivier te geniet. Hy het Huakintos geleer om die boog en die lier te gebruik. Philostratus die jongere, Verbeeldings
Op 'n dag was Apollo besig om Huakintos skyfwerp te leer. Hulle het besluit om 'n vriendskaplike kompetisie te hou deur beurte te maak om die diskus te gooi. Apollo het eerste gegooi, met soveel krag dat die skyf die wolke in die lug gesplits het. Huakints was gretig om die skyf te vang, maar toe dit die grond tref, het die skyf teruggespring, Huakintos se kop getref en hom noodlottig gewond..Ovidius, Metamorfoses 10.162–219 Volgens ’n alternatiewe weergawe van die mite, is Zephuros verantwoordelik vir Huakintos se dood. Zephuros was jaloers op Huakintos, en het Apollo se skyf van sy koers af geblaas (hou in gedagte dat Zephuros die god van die westewind is) sodat dit Huakinhos gedood het..Maurus Servius Honoratus, kommentaar op Vergilius se Eclogue 3. 63Philostratus van Lemnos, Verbeeldings 1.24 duimnael|upright=1.5|Apollo en Huakintos (1603-1604), deur Domenichino Apollo se gesig het bleek geword toe hy sy sterwende minnaar in sy arms gehou het. Hy het allerhande kruie gebruik en selfs probeer om ambrosyn (In Grieks: ambrosia (ἀμβροσία, 'onsterflikheid'). Ambrosia is in die Griekse mitologie die kos, en veral, drank, van die gode) aan Huakintos te gee om sy wond te genees, maar dit was verniet, want hy kon nie die wond genees wat deur die skikgodinne toegedien is nie.Bion, Gedigte 11 (vertaler, Edmonds) Apollo het getreur oor Huakintos se dood en sy wens uitgespreek om 'n sterfling te word sodat hy by die Spartaanse seun in sy dood kon aansluit. Omdat die wens onuitvoerbaar was weens sy onsterflikheid, het Apollo belowe dat hy hom aan Huakintos sal herinner deur sy liedere en deur die musiek van sy lier. Hy het 'n blom geskep uit Huakintos se bloed, die Hyacinthus orientalis ('n soort hiasint), en op die plant se kroonblare die woorde van 'n klaaglied geskryf, "AI AI" – "alas". Die blom waarin Huakintos verander het is egter, gebaseer op antieke beskrywings, nie die moderne plant van daardie naam nie., pp. 26–27
Volgens die Bibliotheca was Thamuris, wat romantiese gevoelens teenoor Huakintos gekoester het, die eerste man om 'n ander man lief te hê.
Apotheosis en Huakintos regs|duimnael|upright=1.4|Apollo, Huakintos en Cyparissus sing en speel musiek, deur Alexander Ivanov, 1831–1834
Huakintos is uiteindelik deur Apollo opgewek en het onsterflikheid bereik.Nonnus, Dionysiaca 19.102 Pausanias het opgeteken dat die troon van Apollo in Sparta 'n bebaarde Huakintos uitgebeeld het wat saam met Poluboea deur Aphrodite, Athena en Artemis na die hemel geneem word.Pausanias, 3.19.4
Huakintos was die titulêre godheid van een van die belangrikste Spartaanse feeste, Hyacinthia, wat in die Spartaanse maand van Hyacinthia (in die vroeë somer) gevier is. Die fees het drie dae geduur, een dag van rou oor die dood van Huakintos, met die laaste twee wat sy wedergeboorte vier, hoewel die verdeling van eerbewyse 'n onderwerp vir wetenskaplike onenigheid is.Soos Colin Edmonson uitwys in: Edmonson, "A Graffito from Amykla", Hesperia 28.2 (April – Junie 1959:162–164) bl. 164, met die aangee van bibliografie nota 9. Op die eerste dag het mense sy dood betreur deur so min as moontlik te eet en hulle te weerhou van die sing van liedere, in teenstelling met al die ander feeste van Apollo. Op die tweede dag het seunskore en jongmanne van hul nasionale liedere gesing en ook gedans. Wat die meisies betref, het sommige geparadeer in strydwaens wat deur twee perde getrek is, waarmee resies gejaag is. Burgers het hul vriende en selfs hul eie dienaars vermaak.Athenaeus, Deipnosophistae 4.139 Elke jaar het die vroue van Sparta 'n kostuum vir Apollo geweef en dit aan hom gebied, 'n tradisie soortgelyk aan die peplos wat aan Athena by Athene gebied is tydens die Panathenaeën (Die Panathenaia (Oudgrieks: Παναθήναια, Panathênaia) was 'n godsdienstige fees wat in antieke tye een keer elke vier jaar in Athene gevier is aan die einde van die Hekatombaion, die eerste maand van die Attiese jaar (wat ongeveer ooreenstem met ons maand Julie). Tydens hierdie fees, wat etlike dae geduur het, is Athena as die beskermgodin van die stad (Athena Polias) vereer en haar verjaardag is ook gevier.).Pausanias, book=3:chapter=16&highlight=APollo 3.16.2 Minder is bekend oor die derde dag, 'n aanduiding dat misterieë waarskynlik gehou is. Dit word beskryf as 'n "vrolike middernagfees".Euripides, HelenaXenophon, Hellenics IV.5 § 11Pausanias, 3.10.1 Die Spartane het by geleentheid 'n wapenstilstand van veertig dae met die stad Eira gesluit bloot om terug te keer huis toe en die nasionale fees te vier. Pausanias, 4.19.4 Na die verdrag met Sparta het in 421 v.C. het die Atheners, om hul welwillendheid teenoor Sparta te toon, elke jaar belowe om die viering van die Hyacinthia by te woon.Thucydides, 5.23
Kultusse en eienskappe duimnael|Die dood van Huakintos (1752–1753) deur Giovanni Battista Tiepolo. Museo Thyssen-Bornemisza, Madrid. Huakintos het 'n heiligdom in Amuklea gehad wat hy met Apollo gedeel het. Verskeie skolastici stem saam dat Huakintos 'n pre-Helleniese natuurgod was, en sekere aspekte van sy eie kultus dui daarop dat hy 'n chtoniese godheid was, wie se kultusse met Apollo se kultusse saamgevoeg is. Nilsson sê dat Huakintos 'n Kreteense woord is, en die pre-Helleniese oorsprong daarvan word aangedui deur die agtervoegsel -nth.Bernard C. Dietrich, The Origins of Greek Religion Huakintos verpersoonlik plantegroei in lente, wat deur die hitte van die somer verlep.Schömann, Alterth. 2.404 Die apoteose van Huakintos dui aan dat hy, nadat hy godheid verkry het, die natuurlike siklus van verval en vernuwing verteenwoordig het.Annamarie Hemingway, Immortal Yearnings: Mystical Imaginings and Primordial Affirmations of the Afterlife
Die feit dat 'n Huakintos-graf by Tarentum deur Polubios aan Apollo Hyacinthus (nie Hyacinthus nie) toegeskryf word, het sommige laat spekuleer dat die persoonlikhede inderwaarheid een is, en dat die held bloot 'n uitbeelding van die god is; bevestiging word gesoek in die Apollynse benaming τετράχειρ, ten opsigte waarvan Hesychius beweer dat dit in Lakonië gebruik is, en ten opsigte waarvan aangeneem word dat dit 'n saamgestelde figuur van Apollo-Huakintos beskryf. Die wesenlike verskil tussen die twee figure maak die teorie egter minder geloofwaardig. Huakints is 'n chtoniese plant-god, wie se aanbidders gekwel en droefgeestig is; alhoewel hy belangstel in plante, word Apollo se dood nie in enige ritueel gevier nie, sy aanbidding is vreugdevol en triomfantelik, en uiteindelik is die Amukleiaanse Apollo spesifiek die god van oorlog en sang. Boonop beskryf Pausanias die monument by Amuklae as bestaande uit 'n ru en growwe figuur van Apollo wat op 'n altaarvormige basis staan wat die graf van Huakintos vorm. In laasgenoemde is offers aan die held gemaak, voordat geskenke aan die god gebring is.L. R. Farnell, Cults of the Greek States, vol. iv. (1907)J. G. Frazer, Adonis, Attis, Osiris (1906)Roscher, Lexikon d. griech. u. röm. Myth., s.v. Hyakinthos (Greve)
duimnael|Huakintos ontmoet Apollo (nie getoon nie) in 'n Biga wat getrek word deur swane, Etruskiese oinochoe (omstreeks 370 v.C.)
Toeskrywings
Die Hiasint wat ontkiem het uit Huakintos se bloed het volgens die ou bronne 'n diepblou of pers kleur en 'n teken wat ooreenstem met die inskripsie "AI" op sy blomblare, 'n simbool van rou, hartseer en verdriet. Die plant is egter geassosieer met 'n ander plant, die Ridderspoor, of 'n Iris, of miskien gladiolus italicus, eerder as die plant wat vandag bekendstaan as die hiasint. Ander geliefde plant-gode wat in hul jeug gesterf het en vegetatief getransformeer is, sluit in Narsissus, Cuparissus, Mekon en Adonis.
Die antieke Grieke het Apollo geassosieer met 'n diepblou of violetkleurige juweel genaamd huasint (Die Jasint of huasint is 'n geelrooi tot rooibruin variëteit van sirkoon wat as edelgesteente gebruik word.). Dit is so genoem omdat sy kleur soos dié van die hiasint gelyk het. Hierdie juweel is vir Apollo heilig gehou weens die mitologiese verband. Die mense wat Apollo se heiligdom besoek het, sowel as sy priesters en die hoëpriesteres Pithië, moes hierdie juweel dra.A. Hyatt Verrill, Precious Stones and Their Stories
Sien ook
Apollo Hiasint, die plant wat na Huakintos vernoem is Ridderspoor, die plant wat voorgestel word as die regte hiasint
Verwysings
Bronnelys Apollodorus, Die Biblioteek met 'n Engelse vertaling deur Sir James George Frazer, F.B.A., F.R.S. in 2 Volumes, Cambridge, MA, Drukpers van Harvard-universiteit; Londen, William Heinemann Bpk. 1921. . Die aanlyn weergawe is beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Die Griekse teks is beskikbaar by dieselfde webwerf.
Homeros, Die Ilias met 'n Engelse vertaling deur A.T. Murray, PhD in twee volumes. Cambridge, MA., Drukpers van Harvard-universiteit; Londen, William Heinemann, Bpk. 1924. . Die aanlyn weergawe kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek. Homeros, Homeri Opera in vyf volumes. Oxford, Drukpers van die Universiteit van Oxford. 1920. . Die Griekse teks kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek.
Lucianus van Samosata, Dialoë van die Gode vertaal deur Fowler, H W en F G. Oxford: The Clarendon Press. 1905. Die aanlyn weergawe kan gevind word by theoi.com