Die waterklawer (Oxalis natans) is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Stellenbosch tot by Somerset-Wes en die Elandsberg voor. Die plant is deel van die fynbos. Die spesie se getalle het met 90% gedaal weens verlies van habitat: voorstedelike ontwikkeling op die Kaapse Vlakte, aanlê van wingerde en graan verbouing in die Swartland en rondom Somerset-Wes en Stellenbosch. Die oorblywende plante sukkel om voor te plant weens inteling, die oorblywende bevolking is net te klein. 'n Subbevolking van dié spesie is tans besig om te krimp weens habitatagteruitgang veroorsaak deur eutrofikasie en indringing deur uitheemse grasse. Dieselfde subbevolking toon ook tekens van inteeltdegenerasie weens habitatfragmentering en het 'n baie lae saadset (<5%).
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
natans Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika