Oxalis levis is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Malmesbury voor. Die plant is die eerste keer in 1935 deur Salter geïdentifiseer naby die Mamre se stasie. Die gebied is sedertdien oorgeneem deur indringerplante en soektogte tussen 2003 en 2008 het niks opgelewer nie, die spesie was uitgestorwe beskou. Navorsers van die Universiteit van Stellenbosch het egter in 2011 'n subpopulasie van 300 plante in die Riverlands natuurreservaat ontdek. Dit word ook deur indringerplante bedreig.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

levis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika