Die Franse nasionale sokkerspan verteenwoordig die land Frankryk in internasionale manssokker. Dit word beheer deur die Franse sokkerfederasie (FFF; ), die beheerliggaam van sokker in Frankryk. Dit is 'n lid van UEFA in Europa en FIFA in wêreldkompetisies.
Die span se kleure en beelde verwys na twee nasionale simbole: die Franse blou-wit-rooi driekleur en Galliese hoenderhaan (coq gaulois). Die span staan in die volksmond bekend as Les Bleus (Die Bloues). Hulle speel hul tuiswedstryde by die Stade de France in Saint-Denis en oefen by die Centre National du Football in Clairefontaine-en-Yvelines.
Eksterne skakels
Kategorie:Nasionale sokkerspanne