duimnael|regs|Cheikh Tidiane Gaye Cheikh Tidiane Gaye, (gebore in 1971 in Thiès), is 'n Senegalese-Italiaanse skrywer en digter.

Biografie Van Senegalese oorsprong en genaturaliseerde Italiaans, is Cheikh Tidiane Gaye 'n bekende figuur in literatuur oor migrasie na Italië. Hy het verskeie kort verhale en digbundels gepubliseer en van sy gedigte is tweetalig. Hy is bekend as 'n aanhanger van Afrika-oraliteit. Hy is die eerste Afrikaan wat die groot digter van die negritude-beweging, Léopold Sédar Senghor (president van Senegal, 1960-1980), se werke in Italiaans vertaal het. Gaye het ook die L.S. Senghor Internasionale Poësieprys die lig laat sien. Die doel van die toekenning is om die kultuur van vrede, solidariteit en liefde tussen mense deur poëtiese skryfwerk te bevorder, 'n boodskap wat Senghor na aan die hart gelê het. Die toekenning is ook gebore uit die behoefte om dialoog tussen mense aan te moedig en om nuwe talente binne Italiaanse en buitelandse literatuur te ontdek en is daarom oop vir alle vroue en mans in die wêreld, solank hulle agtien jaar oud is en in Italiaans of Frans skryf.

In 2018 het hy sy eie publikasiehuis, genaamd Kanaga Edizioni, gestig.www.kanagaedizioni.com In 2023 is hy as die President van die Léopold Sédar Senghor Internasionale Akademie aangewys en in 2024 is hy as gewone lid van die Europese Akademie vir Wetenskap en Kuns van Salzburg aangestel.

Hy ontvang die medalje van die Orde van Kuns en Lettere van die Franse Republiek.

Hy woon in Italië in Arcore in die provinsie Monza en Brianza in Lombardye.

Gaye het in sy hoedangiheid as onderhoof van die stadsraad van Arcore 'n skrywe aan meer as 300 burgermeesters in Italië gerig wat hulle versoek om 'n seremonie te hou waartydens hulle 'n olyfboom plant. Die olyfboom dien as 'n simbool vir die bevordering van vrede oor die wêreld en veral in oorloggeteisterde gebiede soos Palestinië, Israel, Rusland en Oekraïne.

Werke Il Giuramento, Roman - Liberodiscrivere, Genua, 2001. Mery,principessa albina, met die voorwoord deur Alioune Badara Bèye, Roman - Edizioni dell'Arco, Milaan, 2005. Il Canto del Djali, Poësie - Edizioni dell'Arco, Milaan, 2007. Ode nascente/Ode nascente, Poësie-publikasie tweetalig Italiaans-Frans, Edizioni dell'Arco, 2009. Curve alfabetiche, Poësie - Montedit Edizioni, 2011. L’étreinte des rimes/ Rime abbracciate, met die voorwoord deur Tanella Boni, Poësie, Medepublikasie tweetalig Italiaans-Frans, Éditions L'Harmattan Parys - Frankryk, 2012. Prendi quello che vuoi, ma lasciami la mia pelle nera, Roman- Voorwoord deur die burgemeester van Milaan Giuliano Pisapia, Editions Jaca Book Milan, 2013. Léopold Sédar Senghor: il cantore della negritudine, Poësie, Vertaling, Edizioni dell'Arco, 2014. Ma terre mon sang Poësie, Ruba Editions, Senegal, 2018 Il sangue delle parole, Poësie, Kanaga Edizioni, 2018 Ombra, Poësie, Kanaga Edizioni, 2022 Voglia Di Meticciato - Il Dialogo Tra Le Culture Ed Etica, Opstel, Kanaga Edizioni, 2022 Les Litanies du cœur, Poësie, Kanaga Edizioni, 2023

Verwysings

Eksterne skakels Cheikh Tidiane Gaye — Poeta, scrittore Skrywer se webwerf Accademia Internazionale Leopold Sedar Senghor – APS Webwerf van die Léopold Sédar Senghor Internasionale Akademie

Kategorie:Senegalese skrywers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense