'n Meesterstuk (Latyn: magnum opus of Frans: chef-d'œuvre; meervoud: chefs-d'œuvre; Franse fonetiese uitspraak: ʃɛ.d‿œvʁ) is 'n skepping wat baie kritiese lof ontvang het, en veral een wat beskou word as die grootste werk van 'n persoon se loopbaan, of 'n werk van uitsonderlike kreatiwiteit, vaardigheid, diepsinnigheid en bekwaamheid.
'n "Meesterstuk" is, vanuit 'n historiese oogpunt gesien, 'n werk van 'n baie hoë standaard wat vervaardig is om lidmaatskap te bekom van 'n gilde of akademie in verskeie praktiese- en geestesvelde. duimnael|upright=0.8|In die skilderkuns word Leonardo da Vinci se Mona Lisa (omstreeks 1503–06) beskou as 'n volmaakte en volwaardige meesterstuk, alhoewel dit nie geskilder is vir toelating tot 'n gilde of akademie nie.
Etimologie Die term masterstik is opgeteken in Skots as deel van 'n stel gilderegulasies van Aberdeen uit 1579, terwyl die woord masterpiece die eerste keer opgeteken is in 1605, reeds buite die konteks van 'n gilde, in 'n toneelstyk deur Ben Jonson.OED:"Masterpiece". Sien ook: Encarta. Geargiveer 2009-11-01. Masterprize was 'n ander vroeë variant in Engels.OED:"Masterprize" duimnael|Things Fall Apart deur Chinua Achebe word dikwels beskou as 'n literêre meesterstuk en as een van die grootste werke van die Nigeriese kanon (alhoewel dit in Engels geskryf is). Voor-die-handliggende voorbeelde van meesterstukke van die Afrikaanse kanon is bv. Jan van Melle se Bart Nel, C.M. van den Heever se Laat vrugte, F.A. Venter se Man van Cirene, Anna M. Louw se Kroniek van Perdepoort, Marlene van Niekerk se Agaat, Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie en Abjater wat so lag, Willem Anker se Buys, S.J. Naudé se Die derde spoel, Dan Sleigh se Eilande, Afstande, Wals met Matilda en 1795 , Dalene Matthee se Fiela se Kind en Kringe in 'n Bos, Karel Schoeman se Stemme-reeks en 'n Ander Land, N.P. van Wyk Louw se Halwe kring, sy epos Raka en Gestaltes en diere en Negester oor Ninevé, die epos, Joernaal van Jorik, en Engel uit die klip deur D.J. Opperman, om maar enkeles te noem.
Geskiedenis duimnael|upright=0.8|Federico Zuccari, Twee Vakleerlinge, 1609. Die twee sou 'n "meesterstuk" moes skilder om te getuig van hul vakmanskap om aan die einde van hul vakleerlingskap meesters te word.
Oorspronklik het die term meesterstuk verwys na 'n stuk werk wat vervaardig is deur 'n vakleerling wat daarna streef om 'n meestervakman in die ou Europese gilde-stelsel te word. Sy geskiktheid om vir gildelidmaatskap te kwalifiseer is deels deur die meesterstuk bepaal en indien hy suksesvol was, is die stuk deur die gilde behou. Groot sorg is dus geneem om 'n fyn stuk te vervaardig in wat die kunsvlyt ook al was, hetsy lekkers, verf, goudsmede, die maak van messe en soortgelyke voorwerpe soos swaarde, leerwerk en -looiery en verskeie ander ambagte.
In Londen in die 17de eeu het die Worshipful Company of Goldsmiths byvoorbeeld van 'n vakleerling vereis om 'n meesterstuk onder hulle toesig te vervaardig by 'n "werkhuis" in Goldsmiths' Hall. Die werkhuis is opgerig as deel van 'n verskerping van standaarde nadat die maatskappy bekommerd geraak het dat vaardigheidsvlakke besig was om af te neem. In 1607 is daar klagtes ontvang dat die "ware praktyke van die 'Art & Mystery of Goldsmithry' nie net grootliks versleg het nie, maar ook na baie dele versprei het, sodat baie min werkers nou daartoe in staat is om 'n stuk bord met al die dele daarvan sonder die hulp van baie hande...". Dieselfde goudsmidorganisasie vereis steeds die vervaardiging van 'n meesterstuk, maar dit word nie meer onder toesig vervaardig nie.A History of the Goldsmiths' Company. The Goldsmiths' Company. Opgespoor en besoek op 30 Desember 2014.Goldsmiths' Company Apprenticeship Programme. The Goldsmiths' Centre. Opgespoor op 30 Desember 2014.
In Neurenberg, Duitsland, tussen 1531 en 1572, is vakleerlinge wat 'n meestergoudsmid wou word verplig om akeleibekers, matryse vir 'n staalseël en goue ringe met edelstene te vervaardig voordat hulle tot die goudsmidgilde toegelaat kon word. Indien hulle nie toegelaat word nie kon hulle voortgaan om vir ander goudsmede te werk, maar nie self as 'n meester nie. In sommige gildes is vakleerlinge nie toegelaat om te trou voordat hulle volle lidmaatskap verkry het nie.Beker, Silwer, kamer 69, saak 25. Victoria & Albert Museum. Opgespoor op 30 Desember 2014.
In sy oorspronklike betekenis was die term oor die algemeen beperk tot tasbare voorwerpe, maar in sommige gevalle, waar gildes die skeppers van ontasbare produkte ingesluit het, is dieselfde stelsel gebruik. Die bekendste voorbeeld vandag is Richard Wagner se opera Die Meistersinger von Nürnberg (1868), waar baie van die intrige te make het met die held se komposisie en uitvoering van 'n "meesterstuklied", voordat hy toegelaat kon word om meistersinger in die (nie-kommersiële) Neurenberg-gilde te word. Dit volg die bestaande reëlboek van die gilde.
Die praktyk om 'n meesterstuk te vervaardig het voortgegaan in sommige moderne kunsakademies. Die Royal Academy in Londen gebruik die term "diplomawerk" en beskik oor 'n aansienlike versameling diplomawerke wat as voorwaarde tot lidmaatskap ontvang is.
Moderne gebruik van die term Vandag is 'n meesterstuk 'n skepping in enige gebied van die kunste wat baie kritiese lof ontvang het, veral een wat as die belangrikste werk van 'n persoon se loopbaan beskou word, of 'n werk van uitstaande vlyt, kreatiwiteit, vaardigheid, diepsinnigheid of vakmanskap. Charles Dickens se roman David Copperfield word oor die algemeen as 'n literêre meesterstuk beskou. Die term word dikwels losweg en te maklik gebruik, en sommige kritici soos Edward Douglas van The Tracking Board is van mening dat dit oorgebruik is wat die mees onlangse rolprente betref.
Erkende meesters in hul eie lande en wêreldwyd Meesters op musikale gebied
Duits Bach Brahms Schumann Beethoven Wagner Händel Oostenryks Schubert Haydn Mozart Mahler
Italiaans Verdi Rossini Bellini Puccini
Russies Tsjaikofski Medtner Sjostakowitsj Prokofiëf
Meesters op literêre gebied, insluitende poësie en drama
Nigeries Chinua Achebe
Suid-Afrikaans D.J. Opperman Elisabeth Eybers N.P. van Wyk Louw W.E.G. Louw Uys Krige T.T. Cloete P.G. du Plessis Eugène Marais Wilma Stockenström Sheila Cussons Willem Anker S.J. Naudé Marlene van Niekerk Dan Sleigh Karel Schoeman Etienne van Heerden Etienne Leroux J.M. Coetzee Olive Schreiner Breyten Breytenbach
Engels (Groot-Brittanje en Australië) Shakespeare Gibbon Milton Dickens D.H. Lawrence Maugham Eliot Shaw Beckett White
Amerikaans Melville Hemingway Steinbeck Bellow
Brasiliaans Coelho
Russies Dostojefski Tolstoi Toergenef Tsjechof Pasternak
Frans Hugo Saint-Exupéry de Maupassant Dumas Proust Rabelais Racine Molière Baudelaire Sartre Balzac Anaïs Nin Flaubert Verlaine
Oudgrieks Homeros Vergilius
Italiaans Petrarca Dante Boccaccio Manzoni
Duits Schiller Goethe Heine Rilke Kafka Mann Brecht Hesse
Noorweegs Hamsun
Sweeds Munthe
Spaans Cervantes Lorca
Portugees Camões
Meesters van denke en filosofie Sokrates Aristoteles Plato Schiller Hegel
duimnael|regs|Dawid, deur Michelangelo, 1504 Meesterskilders
Michelangelo Da Vinci Titiaan Raphael Donatello Botticelli Brunelleschi Verrocchio Caravaggio Jan van Eyck Rubens Vasari Bosch Bellini Fra Angelico Veronese Lippi Tintoretto Goya Murillo Velázquez Klimt Ribera Van Gogh Pierneef Leonid Pasternak Paul Gauguin
Argitektuur Gaudi Moerdyk
Beeldhouwerk Michelangelo Bernini Cellini Anton van Wouw Rodin
Sien ook Westerse kanon
Verwysings
Eksterne skakels Meesterstukke by die Louvre.
Kategorie:Kuns