Die Met Gala, formeel bekend as die “Costume Institute Benefit”, is 'n jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die Costume Institute van die Metropolitan Museum of Art in Manhattan. Dit word beskou as die wêreld se mees gesogte en glansryke modegeleentheid, waar mode-ikone en modelle die kans kry om hulself kreatief uit te druk deur hul uitrustings aan te pas by die jaarlikse tema. Bekend as “mode se grootste nag”, is 'n uitnodiging na die Met Gala uiters eksklusief en baie gesog.Time; Cady Lang;(2 Mei 2024): How Do You Get Invited to the Met Gala? An Industry Insider Weighs In. Besoek op 11 Oktober 2024. Persone wat kultureel relevant is, word genooi om die geleentheid by te woon, wat deur die modetydskrif Vogue georganiseer word.Time; Olivia B. Waxman;(1 Mei 2024):The History Behind the Met Gala . Besoek op 20 September 2024. In 2024 het die koste vir 'n enkele kaartjie gestyg tot US$75,000.

Die gala vind elke jaar op die eerste Maandag in Mei plaas en dui die opening aan van die Costume Institute se jaarlikse mode-uitstalling op die Upper East Side van Manhattan. Elke uitstalling het 'n spesifieke tema wat die riglyn vorm vir die formele kleredrag van die aand. Gaste word verwag om hul klere te laat aansluit by die tema van die jaar, wat dikwels die geleentheid gebruik om sosiale en kulturele kwessies te reflekteer.

Anna Wintour, hoofredakteur van Vogue, het sedert 1995 as voorsitter of mede-voorsitter van die Met Gala gedien,Observer; Marossa De Santis;(23 April 2024): A Complete History of the Met Gala. Besoek op 27 September 2024. behalwe in 1996, toe Liz Tilberis die geleentheid gelei het. Tilberis het dit saam met haar vriendin, Prinses Diana, bygewoon. Met verloop van tyd het die Met Gala ontwikkel van 'n hoofsaaklik New Yorkse modegeleentheid na 'n geleentheid met 'n globale- en diverse impak, wat die veranderende gesig van die modewêreld weerspieël.Architectural digest; Elizabeth Stamp; (1 Mei 2024): The Met Gala’s History and Decor Throughout the Years. Besoek op 24 September 2024. +Met GalaGenreFondsinsamelingsgala, bydrae van $75,000 per kop vir 2024 Met GalaAanbiedingJaarliks, gehou op die eerste Maandag van MeiPlekMetroplolitan Museum of Art, Costume InstituteLiggingFith Avenue Manhattan, new York CityLandVerenigde State van Amerika Jare aktief1948-hedeStigterEleanor LambertMees onlangse geleentheid6 Mei 2024Volgende geleetheid5 Mei 2025Georganiseer deurModetydskrif VogueWebwerfThe Costume Institute

Geskiedenis van die Met Gala

Die vroeë jare van die Met Gala (1948-1971)Vogue; Lilah Ramzi; (1 Mei 2024): The Lives of the Party: A Whirlwind History of the Met Gala. Besoek op 20 September 2024OUT; Bernardo Sim; (6 Mei 2024): What's the Met Gala? Here's what to know about fashion's biggest night. Besoek op 21 September 2024 Die Met Gala, wat vandag sinoniem is met glans, bekendheid en die verering van mode as kuns, het begin as 'n beskeie liefdadigheidsgeleentheid in 1948. Dit is geskep om fondse in te samel vir die Metropolitan Museum of Art se Costume Institute, en die oorspronklike idee agter hierdie gala was nie nuut nie.

Modeskoue as sosiale aktivisme Teen Vogue; Keren Men-Horin;(1 Mei 2024):Met Gala History: How the Biggest Night in Fashion Came to Be. Besoek op 20 September 2024. Reeds aan die begin van die 20ste eeu het mode-aktiviste begin om die emosionele impak van mode te gebruik om geld in te samel vir liefdadigheid. Een van die vroegste modeskoue vir 'n liefdadigheidsdoelwit was die “Fashion Fete” wat in 1914 in New York se Ritz-Carlton hotel gehou is. Die geleentheid is georganiseer deur die Vogue-redakteur, Edna Woolman Chase, en was bedoel om fondse in te samel vir Europese gesinne wat deur die Eerste Wêreldoorlog geraak is. Boonop het dit 'n platform gebied vir Amerikaanse modeskeppers om hulle werk te vertoon, aangesien Franse couture weens die oorlog onbeskikbaar was.

In die vroeë 20ste eeu het mode vir vroue 'n manier geword om geld in te samel vir belangrike doeleindes, maar dit het ook vir hulle die geleentheid gebied om 'n professionele rol te speel sonder dat hulle as onvroulik beskou is. In 'n tyd waar vroue dikwels uitgesluit was van politieke en besigheidsleierskap, was die modebedryf een van die min ruimtes waar hulle hulself kon onderskei en 'n impak kon maak. Eleanor Lambert, wat die eerste Met Gala gereël het, het hiervan gebruik gemaak. Terwyl dit vir 'n middelklasvrou ongewoon sou wees om in 1948 vir 'n politieke posisie te aspireer, was dit heel aanvaarbaar om 'n groot partytjie te reël om geld vir 'n museum in te samel. Dit was 'n veld waarin vroue kon lei en 'n verskil maak, en hulle kon deel wees van die ekonomiese en sosiale infrastruktuur sonder om as oordrewe en ambisieus beskou te word.

Die ontstaan van die Costume Institute Die Met Gala is onvermydelik verweef met die geskiedenis van die Costume Institute self, wat sy oorsprong in die 1930’s het. Die idee om mode as ‘n kunsvorm te bewaar en te bestudeer het in die 1930’s momentum gekry. Irene Lewisohn en Aline Bernstein, wat uitgebreide modeversamelings vir teaterproduksies gehad het, het die Museum of Costume Art in 1937 gestig. Hulle het geglo dat mode 'n belangrike deel van die kultuurgeskiedenis was wat bewaar moes word. Die museum het bygedra tot die bestudering en behoud van modesgeskiedenis, en in 1946 het dit saamgesmelt met die Metropolitan Museum of Art om die Costume Institute te vorm.

Die ontwikkeling van die Met Gala Omdat die Costume Institute self-gefinansier moes wees, het dit gelei tot die ontstaan van die Met Gala in 1948. Britannica; René Ostberg;(9 Oktober 2024): Met Gala. Besoek op 24 September 2024.Eleanor Lambert, 'n mode-promotor en ‘n sleutelfiguur in die modewêreld, het die eerste gala georganiseer om geld in te samel vir die instandhouding van die modeversameling. Dit was oorspronklik bekend as die “Costume Institute Benefit.” Hierdie vroeë gala’s het anders gelyk - dit was kleiner en 'n beskeie middernagete, nie soos die luukse geleenthede wat ons vandag ken nie – dit was geleenthede waar gaste $50 betaal het om aan 'n formele ete deel te neem. Die gehoor was hoofsaaklik die New Yorkse elite en modefigure. Lambert het die geleentheid bemark as “The Party of the Year,” wat dit onmiddellik onmisbaar gemaak het in die modekringe. Bekende plekke soos die Rockefeller Center en die Waldorf Astoria het hierdie byeenkomste aangebied, en die fokus was stewig op die ondersteuning van die museum se versameling, eerder as op roem en media-aandag.

In hierdie tyd was modeskoue, en veral die Met Gala, steeds deel van 'n groter beweging waar mode gebruik is om vroue sosiale mag te gee. Ten spyte van die aanvanklike eenvoud, het die Met Gala gegroei tot ‘n invloedryke gebeurtenis op die New Yorkse sosiale kalender, en teen die einde van die 1950’s was dit reeds 'n belangrike jaarlikse byeenkoms.

Die Vreeland-era(1972-1987)Vogue; Laia Garcia-Furtado;(29 April 2024):The Vibiest Met Gala Looks from the ’70s, ’80s, and ’90s (We Promise You Haven’t Seen These Before). Besoek op 5 Oktober 2024. Die Met Gala, wat as die “Party of the Year” bekend was, het in die 1970’s 'n beduidende transformasie ondergaan met die toetrede van die ikoniese mode-redakteur Diana Vreeland. Vanaf 1972, nadat sy haar pos as hoofredakteur by die Vogue-tydskrif verloor het, het Vreeland as spesiale konsultant vir die Costume Institute begin werk. Hierdie tydperk, wat strek tot 1987, het die gala van 'n beskeie fondsinsamelingsgeleentheid in 'n sterbelaaide, tematiese spektakel verander, wat vandag as een van die grootste modegebeurtenisse in die wêreld erken word.

Tydens die Diana Vreeland-era by die Costume Institute van die Metropolitan Museum of Art was die amptelike voorsitter van die Met Gala hoofsaaklik Amelia “Babs” Lamb Markel van 1966 tot 1977. Terwyl Vreeland die kreatiewe visioenêr agter die Costume Institute se uitstallings was, het Babs Markel, as voorsitter, gehelp om die gebeurtenis en fondsinsamelingsaspekte te bestuur.

Nadat Babs Markel bedank het, het Pat Buckley in 1978 as voorsitter oorgeneem, en sy het die Met Gala verder uitgebrei, terwyl sy saam met Vreeland gewerk het tot Vreeland se dood in 1989.

Wie was Diana Vreeland? Diana Vreeland was 'n visionêre figuur in die modewêreld. Voor haar aanstelling as konsultant by die Costume Institute van die Metropolitan Museum of Art, was sy die redakteur van die modetydskrifte Harper’s Bazaar en Vogue. Sy was bekend vir haar skerp en dinamiese insigte in mode, haar ongeëwenaarde estetiese oog, en haar vermoë om mode as kuns te sien. Haar bydrae tot dié veld het haar een van die invloedrykste persone in die geskiedenis van mode gemaak.

’n Nuwe tydperk van eksentrisiteit en uitsonderlike uitleg Diana Vreeland se invloed op die Met Gala was onmiddellik tasbaar. In plaas daarvan dat die geleentheid slegs 'n formele ete was, het sy dit verander in 'n extravaganza wat gekenmerk word deur kuns, kultuur, en grootliks deur die rooi tapyt-mode wat ons vandag ken. Vreeland se visie was alles behalwe konvensioneel – sy het die fokus van die gala verskuif na tematiese uitstallings wat sowel histories as avant-garde was.

Die krag van tema en verbeelding Vreeland het een van die mees blywende veranderinge aan die gala ingebring deur temas direk te verbind aan die uitstallings wat vertoon is. Sy het 'n praktyk begin wat vandag sentraal staan aan die Met Gala: die vennootskap tussen tema en uitstalling. Onder haar leiding het gaste hul modekeuses afgestem op die jaar se tema, wat dikwels insig gegee het in historiese tydperke, kulturele bewegings of ikoniese figure in modegeskiedenis.

Haar eerste uitstalling, “The World of Balenciaga” in 1973, was 'n hoogtepunt, waar Vreeland Balenciaga se nalatenskap geëer het, slegs 'n jaar na sy dood. Die besonderse gedetailleerdheid waarmee sy die uitstalling benader het, was opvallend – sy het selfs Balenciaga se parfuum deur die galerye gesprinkel om 'n meesleurende atmosfeer te skep. Hierdie uitstalling het die weg gebaan vir 'n era van uitbundige, hoogs estetiese en deels eksentrieke uitstallings.

Elke uitstalling onder Vreeland was 'n kunswerk op sigself, nie net 'n viering van klere nie, maar 'n teater van kultuur en geskiedenis. Van “Romantic and Glamorous Hollywood Design” in 1974 tot “The Glory of Russian Costume” in 1976 en “The Eighteenth-Century Woman” in 1981, het elke uitstalling 'n duik gemaak in 'n spesifieke tydperk of styl, en het dit meer as net 'n modebyeenkoms geword – dit was 'n kunservaring.

Sterre en glans: die bekendes maak hul intree Die Vreeland-era kan ook gekenmerk word deur die toenemende teenwoordigheid van bekendes by die gala. Onder Vreeland se bekwame hand het die gastelys uitgebrei om 'n mengsel van die wêreld se grootste beroemdes in te sluit, wat gehelp het om die gala se status as die “Party of the Year” te versterk. Vreeland se netwerk van kontakte het 'n optog van bekende figure soos Andy Warhol, Cher en Jacqueline Kennedy Onassis na die gala gebring. Kennedy Onassis het in 1976 en 1977 as mede-voorsitter van die geleentheid gedien, wat verder gehelp het om die gala se profiel te verhoog en dit in 'n moet-sien-gebeurtenis in die modewêreld te verander.

Dekor en detail Een van Vreeland se kenmerke was haar oog vir detail en haar liefde vir dramatiese effekte. Sy het nie net die ruimtes van die Met-museum gebruik vir etes en dans nie, maar het ook verseker dat die dekor en atmosfeer ooreenstem met die tema van die jaar. Sy het bekend geword vir haar oor-die-top estetiese besluite – soos om Balenciaga-parfuum deur die galerye te spuit tydens die uitstalling in 1973, wat die ervaring vir besoekers nog meer ‘n eens-in-‘n-leeftyd-ervaring gemaak het. Dit was hierdie soort dramatiese veranderings wat die Met Gala van 'n formele ete verander het in 'n modefees waar gaste hulself in die wêreld van uitstalling kon verdiep.

Uitstallings van uitsonderlike klas