Gesondheidsielkunde, ook bekend as mediese sielkunde, word gedefinieer as 'die studie van psigiologiese- en gedragsprosesse in gesondheid, siekte en gesondheidsorg'.British Psychological Society, 2011. Healthy contribution. Beskikbaar by: https://www.bps.org.uk/psychologist/healthy-contribution. Besoek op 1 Oktober 2024. Die studie ondersoek die invloed wat geestesgesondheid en fisiese gesondheid op mekaar het. Dit is belangrik om te verstaan dat die verstand en die liggaam nie twee afsonderlike entiteite is nie, maar in noue wisselwerking met mekaar is. Die brein en die liggaam kommunikeer aanhoudend met mekaar deur chemiese en fisiese boodskappers, soos hormone en neuro-oordragstowwe. Daarom kan selfs gedagtes en houdings die liggaam beïnvloed. Byvoorbeeld, positiewe gedagtes lei tot die afskeiding van goed-voel neuro-oordragstowwe, naamliks serotonien en dopamien. Serotonien is nodig om spysverteringsfunksies te reguleer.Cleveland Clinic, 2022. Serotonin: What it is and its role in the body. Beskikbaar by: https://my.clevelandclinic.org/health/articles/22572-serotonin. Besoek op 14 Oktober 2024. Dopamien speel weer 'n belangrike rol in die regulering van gemoed, slaap en konsentrasie en help ook met beweging en koördinasie.Healthdirect Australia, 2023. Dopamine. Beskikbaar by: https://www.healthdirect.gov.au/dopamine. Besoek op 21 Oktober 2024.

Verder ondersoek gesondheidsielkunde hoe biologiese, sielkundige, gedrags- en sosiale faktore gesondheid en siektes kan beïnvloed. Gesondheidsielkundiges gebruik toegepaste navorsing om siektes te help voorkom, algehele gesondheid te bevorder en gesondheidsorgstelels te verbeter. Gesondheidsielkundiges werk dikwels saam met ander gesondheidswerkers om pasiëntsorg te verbeter.

Die wisselwerking tussen geestelike- en fisiese gesondheid

Hoe geestesgesondheid fisieke gesondheid beïnvloed Volgens die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) ervaar een uit elke sewe 10- tot 19-jariges ‘n geestesteuring. Depressie en angs is as een van die hoofoorsake van siektes en gestremdhede onder adolessente bewys. World Health Organization (WHO), 2024. Adolescent mental health. Beskikbaar by: https://www.who.int/news-room/fact-sheets/detail/adolescent-mental-health. Besoek op 1 Oktober 2024. Stres het ook ‘n hewige invloed op die liggaam.

Diegene met depressie het 'n groter kans om wanfunksionering van neuro-oordragstowwe, breinontsteking en verminderde volume grysstof in die serebrale korteks, te ontwikkel. Mense met depressie sukkel ook om herhinneringe, veral positiewe ervarings, te onthou.Medical News Today, 2023. How does depression affect the brain? Beskikbaar by: https://www.medicalnewstoday.com/articles/howd-does-depression-affect-the-brain#:~:text=For%20instance%2C%20people%20with%20depression,memories%2C%20particularly%20of%20positive%20experiences. Besoek op 19 Oktober 2024. Depressie beïnvloed eetlus en kan lei tot gewigstoename verwante kondisies soos tipe 2 diabetes of na gewigsverlies verwante kondisies soos Anorexia Nervosa. Beide depressie en chroniese stres lei tot kardiovaskulêre siektes, insluitend hoë bloeddruk en die verhoogde risiko aan hartaanvalle.

Stres word beskryf as die lyf se reaksie op uitdagings. Dit behels die biologiese oorlewingsmeganisme, bekend as die veg-of-vlug reaksie. Wanneer ons stres ervaar, stel die brein adrenalien- en kortisolhormone vry om die liggaam in staat te stel om te reageer op gevaarlike situasies.Nuvance Health, 2024. The effect of stress on the brain and ways to manage it. Beskikbaar by: https://www.nuvancehealth.org/health-tips-and-news/the-effect-of-stress-on-the-brain-and-ways-to-manage-it. Besoek op 11 Oktober 2024. duimnael|Voorstelling van 'n telomeer Wanneer die liggaam chroniese stres ervaar, kan dit 'n negatiewe invloed op die brein en liggaam se algemene gesondheid hê. Chroniese stres kan 'n mens se lewensduur verminder. Stres verkort telomere, wat op die eindpunte van chromosome aangetref word, wat veroudering bespoedig.Taking Charge, 2024. How do thoughts and emotions affect health? Beskikbaar by: https://www.takingcharge.csh.umn.edu/how-do-thoughts-and-emotions-affect-health. Besoek op 4 Oktober 2024. Langdurige blootstelling aan streshormone veroorsaak inflammasie en disfunksie in die brein, wat geheue en gemoed beïnvloed. Dit verhoog ook die risiko om neurologiese kondisies soos dementia, beroertes, depressie en migraines te ontwikkel. Chemiese veranderinge in die brein as gevolg van chroniese stres veroorsaak spysverteringsprobleme soos prikkelbare derm-sindroom en suur refluks. Die ingewande se delikate bakteriële balans word deur chroniese stres en angs versteur, wat kan lei tot 'n omgekrapte maag.University of Chicago Medicine, 2024. Stress & stomach pain: When to see a doctor. Beskikbaar by: https://www.uchicagomedicine.org/forefront/gastrointestinal-articles/2024/january/stress-stomach-pain-when-to-see-a-doctor. Besoek op 2 Oktober 2024

Die gevoel van angs word deur neurotransmitters na die simpatiese senuweestelsel oorgedra, wat die liggaam se spiere laat saamtrek en die hartklop- en asemhalingstempo verhoog. Dit herlei ook bloedvloei van die abdominale organe na jou brein.Advanced Psychiatry Associates, 2024. The effects of anxiety and depression on your physical health. Beskikbaar by: https://advancedpsychiatryassociates.com/resources/blog/the-effects-of-anxiety-and-depression-on-your-physical-health. Besoek op 19 Oktober 2024. Daarom word maagpyn, hardlywigheid en diarree dikwels saam met angstigheid ervaar. Angs verswak jou immuunstelsel. Tydens gevoelens van angstigheid is die veg-of-vlug meganisme geaktiveer, wat dit moeilik maak vir die liggaam om normaal te funksioneer. Dit veroorsaak dat die immuunstelsel verswak.Harrington Hospital, 2019. What anxiety does to your body: 7 common physical symptoms. Beskikbaar by: https://www.harringtonhospital.org/women_blog/what-anxiety-does-to-your-body-7-common-physical-symptoms/ . Besoek op 19 Oktober 2024.

Hoe fisieke gesondheid geestesgesondheid beïnvloed Fisiese gesondheid en geestesgesondheid is afhanklik van mekaar en dus moet beide se effek op mekaar in ag geneem word.

Navorsing het 'n verband tussen geestesiektes en chroniese siektes soos kanker, asma, diabetes, hoë bloeddruk en epilepsie getoon. Byna elke 3de persoon met ‘n langtermyn fisiese gesondheidskwaal ervaar geestesgesondheid probleme.Mental Health Foundation, 2022. Physical health and mental health. Beskikbaar by: https://www.mentalhealth.org.uk/explore-mental-health/a-z-topics/physical-health-and-mental-health. Besoek op 6 Oktober 2024. Langtermyn gesondheidsprobleme lei tot sosiale isolasie, 'n lae selfbeeld, stigma en diskriminasie. Die fisiese pyn, toetse, behandelings en opvlamming van simptome veroorsaak gevoelens van bekommernis, frustarasie en stres. Dit maak die pasiënt meer vatbaar vir geestessiektes soos depressie en angs. Mental Health Foundation, 2022. Long-term physical conditions and mental health. Beskikbaar by: https://www.mentalhealth.org.uk/explore-mental-health/a-z-topics/long-term-physical-conditions-and-mental-health. Besoek op 19 Oktober 2024.

Na die afloop van ‘n ernstige besering of siekte wat tot hospitalisasie gelei het, kan pasiënte Posttraumatiese Stressteuring (PTSS) opdoen. Chroniese pyn soos die van ‘n amputasie kan as 'n herinnering dien aan die trauma, wat depressie, PTSS-simptome, of alkohol- en voorskrifmedikasiemisbruik veroorsaak of vererger.American Psychiatric Association, 2024. Expert Q&A on PTSD. Beskikbaar by: https://www.psychiatry.org/patients-families/ptsd/expert-q-and-a. Besoek op 6 Oktober 2024. Sepsis-oorlewendes, veral diegene wat in 'n intensiewe sorgeenheid behandel is, staan ‘n groot kans om PTSS te ontwikkel. 'n Studie van Johns Hopkins, gepubliseer in 2013, het bewys dat een uit elke drie pasiënte in die intensiewe sorgeenheid, wat aan 'n ventilator gekoppel was, PTSS ontwikkel het.Sepsis Alliance, 2018. Post-Traumatic Stress Disorder After a Serious Illness. Beskikbaar by: https://www.sepsis.org/news/post-traumatic-stress-disorder-after-a-serious-illness. Besoek op 5 Oktober 2024.

Mense wat gediagoniseer is met Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV), het 'n groter kans om angs, gemoed en kognitiewe versteurings te ontwikkel. Depressie is baie algemeen onder mense wat MIV het. MIV en verwante infeksies kan die brein en die senuweestelsel beïnvloed wat normale dink- en gedragspatrone kan verander. Die neem van MIV-medisyne veroorsaak baie newe-effekte, wat 'n invloed het op hulle gemoed. Diegene met MIV gaan ook deur onaangename sosiale situasies, wat hulle geestesgesondheid negatief kan beïnvloed, soos om ander te vertel van die MIV-diagnose en die stigma en diskriminasie wat daarmee verband hou. Die gebruik van MIV-medisyne en mediese behandeling is 'n ekstra las, wat hul geestesgesondheid ook negatief kan beïnvloed.National Institute of Mental Health (NIMH), 2023. HIV/AIDS. Beskikbaar by: https://www.nimh.nih.gov/health/topics/hiv-aids. Besoek op 5 Oktober 2024.

Mense wat deurlopende fisiese gesondheidsprobleme het, is twee tot drie keer meer geneig om depressie te hê in vergelyking met mense wat fisies gesond is.Royal College of Psychiatrists, 2023. Physical illness and mental health. Beskikbaar by: https://www.rcpsych.ac.uk/mental-health/mental-illnesses-and-mental-health-problems/physical-illness-and-mental-health. Besoek op 3 Oktober 2024. Dit is dus noodsaaklik om fisies gesond te probeer bly om jou geestesgesondheid positief te kan beïnvloed. Oefening speel 'n belangrike rol in die handhawing van fisiese gesondheid. Gereelde fisiese oefening verbeter die funksionering van die hipotalamus-pituïtêre-bynier-as. duimnael|Die samewerking van die hipotalamus, pituïtêre klier en byniere om stres te reguleer. Die hipotalamus-pituïtêre-bynier-as speel ‘n belangrike rol in streshantering. Die kommunikasie tussen hierdie drie endokriene stelselorgane maak dit moontlik vir die kortisol hormoon om die liggaam toe te laat om op stres te reageer en die kliere te reguleer.Cleveland Clinic, 2024. Hypothalamic-pituitary-adrenal (HPA) axis. Beskikbaar by: https://my.clevelandclinic.org/health/body/hypothalamic-pituitary-adrenal-hpa-axis. Besoek op 20 Oktober 2024 Gereelde oefening bevorder dus hantering van stres in die liggaam.

Psigisomatiese versteurings Wanneer fisiese simptome 'n emosionele of sielkundige toestand vergesel, word dit as ‘n psigosomatiese versteuring verklaar. Dit word deur die outonome senuweestelsel, wat abnormaal funksioneer, veroorsaak. Emosies en ander sielkundige faktore aktiveer die onwillekeurige senuweestelsel en kliere. Byvoorbeeld, in ‘n toestand van woede word bloeddruk verhoog, wat 'n toename in respiratoriese tempo en polsslag veroorsaak. Die verhoogde fisiologiese prosesse sal afneem soos die woede verby is. Wanneer die persoon egter nie uitdrukking gee aan woede nie, sal die fisiologiese simptome steeds voortgaan.

Vele siektes het ook 'n psigosomatiese komponent.  'n Goeie voorbeeld is in die geval waar angs en stres fisiese kwale soos ekseem, maagsere, hoë bloeddruk en hartsiektes vererger.MedlinePlus, 2023. Normal Body Temperature.Beskikbaar by: https://medlineplus.gov/ency/article/003211.htm. Besoek op 14 Oktober.

Omtrent enige deel van die liggaam kan deur psigisomatiese afwykings geaffekteer word. Gewoonlik word organe en liggaamstelsels wat nie onder vrywillige beheer is nie beïnvloed, soos die spysverteringstelsel en die kardiovaskulêre stelsel. Daar word algemeen aanvaar dat emosionele stres bestaande siektes kan vererger. Daar is ook 'n paar bewyse dat dit siektes kan veroorsaak wat nie gewoonlik as psigosomaties beskou word nie soos kanker of diabetes by individue wat geneties geneig is om hierdie siektes te ontwikkel.