Sebaea scabra is 'n plant wat deel van die Gentianaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Dit kom van die Kaapse Skiereiland tot by Riversdale voor en het 'n voorkomsgebied van 7000 km². Daar is tans vyf subpopulasies bekend, daar word vermoed dat tot vyftien kan bestaan. Die spesie word bedreig deur stedelike ontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

scabra Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika