duimnael|Han Kang Han Kang (gebore 27 November 1970 in Gwangju) is 'n Suid-Koreaanse skrywer. In 2024 het sy die Nobelprys vir Letterkunde gewen.
Lewensloop Han Kang is die dogter van die romanskrywer Han Seung-won en kind van 'n skrywersgesin; haar broers is ook skrywers. Sy het Koreaanse letterkunde aan die Yonsei-universiteit in Seoul studeer. Sy het die Yi Sang-literêre prys, die Today's Young Artist-toekenning en die Koreaanse Literatuurroman-toekenning gewen. In 2016 het sy saam met die vertaler Deborah Smith die Internasionale Booker-prys vir fiksie vir The Vegetarian gewen. Sy was die eerste Koreaan wat vir die toekenning genomineer is. In 2024 het sy die Nobelprys vir Letterkunde gewen vir "haar intense poëtiese prosa, waarin sy historiese traumas konfronteer en die broosheid van menslike lewe blootlê."
Werke Han Kang het haar literêre loopbaan as digter begin. Sy het later bekend geword as 'n romanskrywer. Haar debuutroman is in 1995 in Suid-Korea gepubliseer.Cho, Kang-sok, Korean Literature Now|, Eyes that Pierce into the Hinterland of Life Novelist Han Kang, Besoekdatum 5 Augustus 2021, https://koreanliteraturenow.com/interviews/eyes-pierce-hinterland-life-novelist-han-kang|argiefdatum=2019-09-22, argief https://web.archive.org/web/20190922125730/https://koreanliteraturenow.com/interviews/eyes-pierce-hinterland-life-novelist-han-kang Sy het sewe romans in Suid-Korea gepubliseer en haar romans is onder andere in Nederlands, Engels, Frans, Arabies en Spaans vertaal.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Koreanse skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners