Petrus Stephanus "Fanie" de Villiers (* 13 Oktober 1964), is 'n afgetrede krieketspeler wat tussen 1992 en 1998 in 18 toetswedstryde en 83 eendagwedstryde vir Suid-Afrika as 'n regterarm-mediumsnelbouler en regterhandse kolwer gespeel het.

Hy werk tans as 'n internasionale krieketkommentator. Tydens die 3de toetswedstryd tussen Australië en Suid-Afrika het hy 'n rol gespeel in die identifisering van die kullery wat deur die Australiese krieketspan gepleeg is, nadat hulle tydens die 4de dag van die derde toetswedstryd met die bal gepeuter het om omgekeerde swaai te kry: hy was een van die kommentators vir die wedstryd en het aan die kamera-operateurs voorgestel dat hulle uitkyk vir moontlike kullery.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers