Dr. Dirk Johannes Hermann (1972-) het in Heilbron in die Vrystaat grootgeword. Hy is ‘n PhD-gegradueerde in Bedryfsosiologie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys waar hy ook as die vise-president van die konvokasie van die universiteit gedien het. In 1997 is hy as ’n Solidariteit-organiseerder in Pretoria aangestel en het later die vakbond se hoof van kommunikasie in die vakbondhoofkwartier in Braamfontein, Johannesburg, geword. Hermann het ook ‘n aantal studies oor arbeidsaangeleenthede, wat onder andere oor kwessies soos regstellende aksie in die werkplek handel, gepubliseer. Daarby het hy ‘n termyn as direkteur van Akademia, die privaat universiteit wat deur Solidariteit gestig is, gedien. In 2014 het hy die hoof uitvoerende beampte van Solidariteit geword.
Skryfwerk Dr. Hermann het vier boeke geskryf:
The Naked Emperor: Why Affirmative Action Has Failed Affirmative Tears: Why Representivity Does Not Equal Equality Basta! Ons voetspore is in Afrika Land of Sorrow: 20 Years of Farm Attacks in South Africa
Sien ook Solidariteit
Verwysings
Bronnelys MWU Argief, Pretoria, Notule van die Vergadering van die Algemene Raad, 27-28.1.1998, pp. 75-76. Ibid., Notule van die Vergadering van die Algemene Raad, 26-27.1.1999, p. 34. L Backer, “Revive and reinvent. MWU-Solidarity’s plans for growth”, Woord en Daad, 200, April 1979, p. 69. MWU News, December 1997, p. 2 (Top kenner by MWU aangestel). Anon., “Labour 30 years on…”, South African Labour Bulletin, 27 (4), August 2003, p. 11. MWU Nuus, September 2000, p. 3 (D Hermann, Institutional racism in the workplace). Solidarity Magazine, No 6, 2007, p. 12 (Jaco Kleynhans, “Keiser het land aan’t gons”). Ibid., 2014, p. 68 (Nuwe tye bring nuwe leierstrukture vir Solidariteit).
Kategorie:Suid-Afrikaanse vakbondleiers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys Kategorie:Mense van Akademia