duimnael|Kenteken op die span se uniform duimnael|Kenteken op die span se bofbalpet.
Die Arizona Diamondbacks (informeel bekend as die D-backs) is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Phoenix, Arizona. Die Diamondbacks ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Westelike Divisie (NL-Wes). Die span is op 9 Maart 1995 gestig en het tydens die 1998 MLB-seisoen begin speel as 'n uitbreidingspan. Die span speel sy tuiswedstryde by Chase Field. Die Diamondbacks is saam met die Tampa Bay Rays een van die nuutste spanne in Hoofligabofbal en is die jongste span om die Wêreldreeks te beklink. Die span se kleure is rooi, teel, swart en wit en die Diamondbacks se noemname is die D-backs, die Snakes, Los Serpientes of die Answerbacks.
Nadat die Diamondbacks in vyfde plek geëindig het in hul eerste seisoen het die span verskeie spelers aangekoop, insluitend die toekomstige Eregalery-bouler Randy Johnson, wat vier opeenvolgende Cy Young-toekennings gewen het in sy eerste vier seisoene saam met die span. In 1999 het Arizona 100 wedstryde en hul eerstedivisiekampioenskap gewen. In 2001 het hulle die Wêreldreeks gewen deur oor die driemalige verdedigende kampioen, die New York Yankees, te triomfeer. Sodoende het hulle die vinnigste uitbreidingspan in die geskiedenis van Hoofligabofbal geword om die Wêreldreeks te wen, en die eerste en enigste manlike professionele sportspan uit Arizona om 'n kampioenskap te wen. 22 jaar later sou hulle terugkeer na die Wêreldreeks, net om teen die Texas Rangers in vyf wedstryde te verloor; sodoende moes die Diamondbacks hul eerste Wêreldreeks-loesing in die span se geskiedenis verduur.
Van 1998 tot 2023 is die Diamondbacks se algehele rekord 1 998 wedstryde gewen en 2 112 wedstryde verloor ('n wenpersentasie van 48,6%).
Verwysings
Kategorie:Bofbal