duimnael|regs|Die Dodgers se uniformlogo. duimnael|regs|Die Dodgers se kenteken op hul bofbalpette. duimnael|links|Die Dodgers se huidige tuisveld, Dodgers-stadion in Los Angeles. duimnael|links|Die Dodgers se tuisveld van 1913 tot 1957, Ebbets Field in Brooklyn. duimnael|links|Jackie Robinson Die Los Angeles Dodgers is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Los Angeles, Kalifornië. Die Dodgers kompeteer in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Westelike Divisie (NL-Wes). Die klub is in 1883 in Brooklyn, New York gestig as die Brooklyn Grays en het in 1890 aangesluit by die Nasionale Liga as die Brooklyn Bridegrooms en verskeie name gehad voordat dit in 1932 finaal besluit het op die naam Dodgers. Hieronder volg 'n volledige chronologiese lys van name van die klub: Los Angeles Dodgers (1958–teenswoordig), Brooklyn Dodgers (1932–1957), Brooklyn Robins (1914–1931), Brooklyn Dodgers (1913), Brooklyn Trolley Dodgers (1911–1912), Brooklyn Superbas (1899–1910), Brooklyn Bridegrooms (1896–1898), Brooklyn Grooms (1891–1895), Brooklyn Bridegrooms (1888–1890), Brooklyn Grays (1885–1887), Brooklyn Atlantics (1884), Brooklyn Grays (1883) Van die 1940's tot aan die einde van die 1950's was die Dodgers se grootste mededinger die New York Yankees. Die twee spanne het sewe keer teen mekaar te staan gekom in die Wêreldreeks, met die Dodgers wat die eerste vyf kampioenskappe verloor het, voordat hulle die Yankees in 1955 verslaan het en sodoende die span se eerste Wêreldreekstitel ingepalm het. Dit was ook gedurende hierdie tydperk dat die Dodgers geskiedenis gemaak het deur die bofbalkleurskeidslyn in 1947 te breek met die debuut van Jackie Robinson, die eerste swart Amerikaner wat sedert 1884 in die hoofliga gespeel het. Nog 'n groot mylpaal is in 1956 bereik toe Don Newcombe die eerste speler ooit geword het om beide die Cy Young-toekenning en die Nasionale Liga se MVP {Mees Waardevolle Speler) toekenning in dieselfde seisoen te wen.Great Baseball Feats, Facts and Figures, 2008 Edition, p. 152, David Nemec and Scott Flatow, A Signet Book, Penguin Group, New York,

Nà 68 seisoene in Brooklyn het die Dodgers se eienaar en president Walter O'Malley voor die aanvang van die 1958-seisoen die franchise verskuif na Los Angeles. Die span het sy eerste vier seisoene by die Los Angeles Memorial Coliseum gespeel, voordat die span in 1962 verskuif het na hul teenswoordige tuisstadion, die Dodger-stadion. Die Dodgers het onmiddellike sukses in Los Angeles geproe en die 1959-Wêreldreeks gewen. Die span se sukses het voortgeduur tot in die 1960's; hul sterboulers Sandy Koufax en Don Drysdale was die hoekstene van hul titels in 1963 en 1965. In 1981 het die nuweling Meksikaanse bouler Fernando Valenzuela 'n sensasie geword en die span na die kampioenskapstitel gelei; hy is die enigste speler wat die Cy Young- en "Nuweling van die Jaar"-toekennings in dieselfde seisoen kon wen. Die Dodgers het weereens in 1988 geseëvier en die sterk gunsteling, die Oakland Athletics, met 4-1 oorrompel in die Wêreldreeks. Op hierdie oorwinning het 'n kampioenskaps-droogte van 32 jaar gevolg, ten spyte daarvan dat die span in 'n tydperk van 17 jaar in 12 uitkloprondtes (na-seisoense spel) verskyn het en agt opeenvolgende divisietitels van 2013 tot 2020 gewen het. Die wendroogte is uiteindelik gebreek toe die Dodgers die Wêreldreeks in 2020 gewen het.

Die Dodgers is een van die suksesvolste franchises in Hoofligabofbal en beskik oor 'n glorieryke geskiedenis. Die Dodgers het nege Wêreldreeks-kampioenskappe en 'n rekord 27 Nasionale Liga-wimpels gewen, met hul mees onlangse Wêreldreeks titel in 2025. Die span se rekord in die Wêreldreeks is 9-14 (nege gewen en 14 verloor). Elf Nasionale Liga MVP-wenners het vir die Dodgers gespeel en 'n totaal van 14 toekennings gewen. Agt Cy Young-wenners het vir die klub geboul en 'n totaal van 12 toekennings gewen—verreweg die meeste van enige Major League-franchise. Die Dodgers spog met 18 "Rookie of the Year" oftewel "Nuweling van die Jaar" wenners, twee keer soveel as die naasbeste span. Dit sluit vier opeenvolgende nuwelinge van 1979 tot 1982 in, en vyf opeenvolgend van 1992 tot 1996. Van 1884 tot 2023 is die Dodgers se algehele rekord 11,334 wedstryde gewen, 10,004 wedstryde verloor en 139 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .531). Sedert die span in 1958 na Los Angeles geskuif het is hul wen-verloor-gelykop rekord 5,710 wedstryde gewen, 4,724 wedstryde verloor en 6 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie .547), met inbegrip van die 2023-seisoen.

Die Dodgers is vandag een van die gewildste spanne wat in Hoofligabofbal meeding en geniet groot ondersteuning op tuisbodem sowel as op die pad. Die Dodgers word beskou as een van die Nasionale Liga se mees dominante spanne. Hulle handhaaf 'n felle wedywering met die San Francisco Giants, wat terugstrek na die twee klubs se beginjare in New York, sowel as 'n meer onlangse wedywering met die Amerikaanse Liga se Houston Astros wat terugstrek na die 2017-Wêreldreeks. In 2022 het Forbes die Dodgers gewaardeer op $4,075 miljard, wat hul tweede plaas in die liga.

Verwysings

Verdere leesstof

Red Barber, Rhubarb in the Catbird Seat Stanley Cohen, Dodgers! The First 100 Years Robert W. Creamer, Stengel: His Life and Times

Steve Delsohn, True Blue: The Dramatic History of the Los Angeles Dodgers, Told By the Men Who Lived It Carl Erskine and Vin Scully, Tales From the Dodger Dugout: Extra Innings Harvey Froemmer, New York City Baseball Steve Garvey, "My Bat Boy Days: Lessons I Learned from the Boys of Summer" Cliff Gewecke, Day by Day in Dodgers History Andrew Goldblatt, The Giants and the Dodgers: Four Cities, Two Teams, One Rivalry Richard Goldstein, Superstars and Screwballs: 100 Years of Brooklyn Baseball Peter Golenbock, Bums: An Oral History of the Brooklyn Dodgers Doris Kearns Goodwin, Wait Till Next Year: A Memoir Frank Graham, The Brooklyn Dodgers: An Informal History Orel Hershiser met Jerry B. Jenkins, Out of the Blue Donald Honig, The Los Angeles Dodgers: Their First quarter Century Roger Kahn, The Boys of Summer Roger Kahn, The Era 1947–1957: When the Yankees, the Giants and the Dodgers Ruled the World Mark Langill, The Los Angeles Dodgers Tommy Lasorda with David Fisher, The Artful Dodger Jane Leavy, Sandy Koufax: A Lefty's Legacy Joseph McCauley, Ebbets Field: Brooklyn's Baseball Shrine William McNeil, The Dodgers Encyclopedia Tom Meany (editor), The Artful Dodgers Andrew Paul Mele, A Brooklyn Dodgers Reader John J. Monteleone (editor), Branch Rickey's Little Blue Book Thomas Oliphant, Praying for Gil Hodges: A Memoir of the 1955 World Series and One Family's Love of the Brooklyn Dodgers David Plaut, Chasing October: The Dodgers-Giants Pennant Race of 1962 Carl E. Prince, Brooklyn's Dodgers: The Bums, The Borough and The Best of Baseball Jackie Robinson, I Never Had It Made Gene Schoor, The Complete Dodgers Record Book Gene Schoor, The Pee Wee Reese Story Duke Snider with Bill Gilbert, The Duke of Flatbush Michael Shapiro, The Last Good Season: Brooklyn, The Dodgers, and Their Final Pennant Race Together Glen Stout, The Dodgers: 120 Years of Dodgers Baseball Neil J. Sullivan, The Dodgers Move West Jules Tygiel, Baseball's Great Experiment: Jackie Robinson and His Legacy John Weaver, Los Angeles: The Enormous Village, 1781–1981

Eksterne skakels

Los Angeles Dodgers Baseball Reference.com "The 1960s Dodgers: Two Parts Patience, One Part Creative Insanity" deur Steve Treder, 10 November 2004. Artikel oor die 1960's Los Angeles Dodgers in The Hardball Times.

Kategorie:Bofbal