Depeche Mode (uitgespreek /dəˌpɛʃˈmoʊd/) is 'n musiekgroep wat in 1980 in Basildon, Essex (Engeland) gevorm is. Die oorspronklike lede was Dave Gahan op voorsang, Martin Gore op sintetiese klavier, kitaar, sang en as hoofliedjieskrywer ná 1981, Andrew Fletcher op sintetiese klavier, en Vince Clarke op sintetiese klavier en as hoofliedjieskrywer van 1980 — 1981. Vince Clarke het die groep in 1981, ná die vrystelling van die debuutalbum, verlaat en is deur Alan Wilder op leidende sintetiese klavier en produksie (1982 — 1995) vervang. Nadat Wilder ook die groep verlaat het, het Gahan, Gore en Fletcher die groep as 'n trio voortgesit.
In die New Wave-era is Depeche Mode een van die langste bestaande, suksesvolste en invloedrykste musiekgroepe. Die groep het al 45 snitte op die VK-enkelsnittrefferlys gehad, sowel as een nommereenalbum in die VSA en twee in die VK. Volgens EMI het Depeche Mode reeds meer as 75 miljoen albums wêreldwyd verkoop,EMI "Depeche Mode sign worldwide exclusive deal with EMI Music - to include the US for the first time" , persberig, 7 Oktober 2008 as breuk van 'n totale produksieverkoopsyfer van 100 miljoen.ITN "Depeche Mode reveal tour details, ITN, 7 Oktober 2008"
Diskografie Speak & Spell (1981) A Broken Frame (1982) Construction Time Again (1983) People Are People (1984) Some Great Reward (1984) The Singles 81>85 (1985) Catching Up with Depeche Mode (1985) Black Celebration (1986) Greatest Hits (1987) Music for the Masses (1987) Violator (1990) Songs of Faith and Devotion (1993) Songs of Faith and Devotion Live (1993) Ultra (1997) The Singles 86>98 (1998) Exciter (2001) Remixes 81-04 (2004) Playing the Angel (2005) The Best of Depeche Mode - Volume 1 (2006) The Complete Depeche Mode (2006) Sounds of the Universe (2009) Delta Machine (2013) Spirit (2017) Memento Mori (2023)
Verwysings