thumb|250px|Die Ursa Major-bewegingsgroep, die naaste sterbewegingsgroep aan die Aarde.

'n Bewegingsgroep of bewegende groep in sterrekunde is 'n los groep sterre wat nie 'n konsentrasie in die ruimte vorm soos 'n sterreswerm nie, maar verbind word deur die gemeenskaplike rigting waarin hulle beweeg.http://articles.adsabs.harvard.edu/pdf/1965gast.book..111E Bewegingsgroepe kan oud wees, soos die HR 1614-bewegingsgroep van 2 miljard jaar; of jonk, soos die AB Doradus-bewegingsgroep van net 120 miljoen jaar.

Jong groepe Bewegingsgroepe is in die 1960's intens deur Olin Eggen bestudeer. 'n Lys van die naaste jong bewegingsgroepe is deur López-Santiago et al. saamgestel. Die naaste groep is die Ursa Major-bewegingsgroep wat al die sterre van die asterisme Groot Wa insluit buiten Dubhe en η Ursae Majoris. Dit is naby genoeg dat die Son aan sy buiterand lê, sonder om deel van die groep te wees.

Die lys jong bewegingsgroepe is voortdurend aan die verander. Die Banyan Σ-werktuig lys tans 29 nabygeleë jong bewegingsgroepe. Onlangse toevoegings is die Volans-Carina-assosiasie, wat deur Gaia ontdek is, en die Argus-assosiasie, wat met Gaie bevestig is.

Bewegingsgroepe kan soms in nog kleiner groepe verdeel word. Die Groot Australe Jong Assosiasie- (GAJA)-kompeks is verdeel in die bewegingsgroepe Carina, Columba en Tucana-Horologium. Die drie assosiasies verskil nie baie van mekaar nie en het dieselfde kinematiese eienskappe.  in  printed:

Jong bewegingsgroepe het bekende ouderdomme en kan help met die karakterisering van voorwerpe met ouderdomme wat moeilik is om te raam, soos bruindwerge. Lede van nabygeleë jong bewegingsgroepe is ook kandidate vir regstreeks gefotografeerde protoplanetêre skywe en eksoplanete soos Beta Pictoris b.

Verwysings

Kategorie:Strukture in die heelal