Amos Elon (4 Julie 1926 – 25 Mei 2009) was 'n Israelse skrywer en joernalis.
Biografie Heinrich Sternbach (later Amos Elon) is gebore in Wene. Hy immigreer in 1933 as kind na die Britse mandaat van Palestina. Hy het regte en geskiedenis gestudeer in Israel en Engeland.Amos Elon's Bio Hy was getroud met Beth Drexler, 'n literêre agent afkomstig van New York, saam met wie hy een dogter, Danae, gehad het. In die 1990's het Elon baie van sy tyd in Italië begin spandeer. In 2004 het hy permanent daarheen verhuis, ontnuger met Israel se optrede sedert 1967. Elon is op 25 Mei 2009 op 82-jarige ouderdom in Borgo Buggiano in Toskane, Italië aan leukemie oorlede. In 2005 het sy dogter Danae 'n biografiese film oor hom vervaardig, getiteld Another Road Home.
Loopbaan as joernalis In die 1950's het Elon gedien as korrespondent oor Europese en Amerikaanse aangeleenthede vir die koerant Haaretz.theguardian.com: "Amos Elon", 4 Jun 2009 In 1971 het hy Haaretz vir 'n onbepaalde tyd verlaat, en in 1978 teruggekeer. Elon het in 2001 afgetree. Elon was 'n vroeë voorstander vir die skepping van 'n Palesteinse staat en Israel se onttrekking aan die gebiede wat dit in 1967 verower het. Elon het hom ook uitgelaat oor die ontkenning van die Armeense volksmoord en Yad Vashem se boikot van die Internasionale Konferensie oor die Holocaust en Volksmoord in 1982 oor die konferensie se insluiting van die Armeense Volksmoord.
Elon was die skrywer van nege boeke. Hy het internasionasle bekendheid verwerf in die vroeë 1970's na die publikasie van The Israelis: Founders and Sons, wat beskryf is as "'n liefdevolle maar onverbiddelike portret van die vroeë Sioniste". Hy is wyd beskou as een van Israel se voorste joernaliste.
Sionisme In 1975 het hy 'n bewonderende maar kritiese biografie geskryf oor Theodor Herzl, die stigter van Sionisme, maar later is hy ontnugter oor Sionisme.Ethan Bronner, Amos Elon. Israel Author, Dies at 82 New York Times 25 Mei 2009 In 2004 het hy sy huis in Jerusalem verkoop en na Toskane verhuis. In 'n onderhoud daardie jaar met Ari Shavit het hy verklaar dat Sionisme "homself uitgeput het" en dat hy dit "beskou as miskien die mins suksesvolle poging tot kolonialisme waaraan ek kan dink. Dit is die gekste koloniale regime in die moderne tyd waaraan ek kan dink."Donald Macintyre, Amos Elon: Writer who became disillusioned with Zionism and advocated Palestinian self-determination The Independent 28 Mei 2009.
Akademiese loopbaan In 2007–2008 was Elon 'n genoot aan die Sentrum vir Reg en Veiligheid aan New York-universiteit se regskool.
Gepubliseerde werke Journey Through a Haunted Land—the new Germany The Israelis, Founders and Sons eBoek weergawe heruitgereik deur Plunkett Lake Press Herzl, a Biography eBoek weergawe heruitgereik deur Plunkett Lake Press Flight into Egypt Jerusalem: City of Mirrors (Little, Brown, 1990)latimes.com: "Hub of Ages : JERUSALEM: City of Mirrors by Amos Elon (Little, Brown: $19.95; 304 pp.)" Timetable, a novel Jerusalem, Battleground of Memory eBoek weergawe heruitgereik deur Plunkett Lake Press A Blood-dimmed Tide—Dispatches from the Middle East Founder, the first Rothschild eBoek weergawe heruitgereik deur Plunkett Lake Press The Pity of It All: A Portrait of Jews In Germany 1743–1933
Verwysings
Eksterne skakels Under the Tuscan sun Onderhoud met Haaretz, 2004
Doodsberig.
Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2009 Kategorie:Israelse skrywers Kategorie:Italiaanse skrywers