duimnael|350px|Die Tiger Oats-gebou (2014)Erkenning: Christopher Murphy duimnael|350px|Aansig op die hoek van Graan- en Corporationstraat (2014). Die mure van die voorste geboutjie met die trappie is ondertussen al afgebreek.Erkenning: Christopher Murphy
Die Tiger Oats-gebou is 'n bouval geleë langs die treinspoor, op die hoek van Graan- en Corporationstraat, Moorreesburg. Dit staan sedert 1906.
Aanloop In Julie 1886 word die Kaffrarian Steam Milling Company in King William’s Town gestig. Daniel Bolton Redler kom in Suid-Afrika aan om in 1903 (of 1904) John James Whitaker as besturende direkteur op te volg.Frankel, R. 1988. Tiger Tapestry. Cape Town: Struik, pp. 237-238 Redler het hom as meulenaar bekwaam.Frankel, R. 1988. Tiger Tapestry. Cape Town: Struik, p. 136
In die 1890’s kom Frederick John Collier in Natal aan met sy £50 000 erfgeld om te belê. Sy pa was doenig in die meelbedryf in Somerset, Engeland, waar Collier gebore is. Maar Frederick het self sy eie onderneming bedryf. In Durban ontmoet Collier vir Arthur May, van die meelinvoermaatskappy Arthur May & Co., wat oor vier takke en agente in New York en Londen beskik het. Collier koop by hierdie besigheid in en bemoei hom met die plaaslike bedrywighede. Hy bring ’n meul op die been wat later sou opgaan in Union Flour Mills, wat daarna deur Premier oorgeneem sou word.Frankel, R. 1988. Tiger Tapestry. Cape Town: Struik, p. 134 Arthur May & Co. trek voordeel uit die Anglo-Boereoorlog. Maar Collier is glo ’n moeilike mens om mee saam te werk en die verhouding versuur; gevolglik besluit hy en Arthur May om die vennootskap enkele jare ná die oorlog maar te ontbind. Wie egter al die bates moet kry bly ’n netelige kwessie, en Isador Kahn, ’n hoogaangeskrewe graanmakelaar van Johannesburg, se hulp word ingeroep om die geskil te besleg. Daar is besluit dat Arthur May al die bates moet kry, maar Collier moet uitkoop. Op sy beurt moet Collier ’n ooreenkoms teken om nie met May in Natal mee te ding nie.
In die Staatskoerant van Natal word daar op 18 April 1905 te kenne gegee dat die vennootskap tussen Arthur George May en Frederick John Collier ontbind het. Arthur May and Co. Merchants en sy takke in Durban, Oos-Londen, Lourenço Marques, Johannesburg, Pretoria, Salisbury, New York, Montreal, Buenos Ayres en Melbourne (Australië) het op 30 November 1904 ontbind, en alle skuldeisers moet hul eise voor 30 Junie 1905 indien. May behou egter die takke in Durban, Oos-Londen, Johannesburg, Lourenço Marques, Montreal en Melbourne en gaan sy gang.The London Gazette. 1905. p. 8830. Arthur May & Co. word later omgedoop tot die Union Flour Milling Company.
Collier begeef hom in die wattelbedryf, waarvan hy absoluut geen ervaring het nie (wattelbas bevat tannien, wat in die leerlooiery gebruik word om die regte kleur en tekstuur te verkry).
Uiteindelik kom Moorreesburg nou ter sprake.
Collier neem African Compressed Fodder Company oor Agtergrond Op Saterdag, 10 September 1904, verskyn daar op bladsy 3 van De Zuid Afrikaan die volgende kennisgewing:De Zuid Afrikaan. 1904. Kennisgeving. 10 September:3
Collier word deur Alfred Marshall genader. Marshall en Gustav Mauritz Ljungdahl het “kort na die oorlog” (dus, nadat die treinspoor gelê is en nadat bogenoemde vergadering plaasgevind het) ’n onderneminkie op Moorreesburg op die been gebring wat kuilvoer uit lusern, boontjies (waarskynlik gemaalde boontjiemeel van minderwaardige of kalanderbesmette boontjies, wat tog voedsaam is) en grashooi gemaak het. Dit het bekend gestaan as Manna. Hierdie Manna-kuilvoer is bedink deur John Martin Cuthbert O’Grady, 'n produktehandelaar van Commissionerstraat 139 in Johannesburg. Dit is op 13 Junie 1905 gepatenteer. Op 4 Augustus 1905 word die helfte van die patentereg afgestaan aan Ljungdahl, met ten doel dat laasgenoemde en Marshall op Moorreesburg die African Compressed Fodder Company kon bedryf.
O'Grady en die African Compressed Fodder Company kon dus albei Manna maak. Volgens Rudy Frankel kon geen aktes ná Oktober 1905 verder gevind word nie (betreffende Ljungdahl, Manna of die naam African Compressed Fodder Company). Marshall het teen dié tyd met Charles Stevens in vennootskap getree en noem die onderneming voortaan die "Cereal Manufacturing Company". Dit wil voorkom of Collier bykans onmiddellik om finansiering gevra is, want hy moes om en by 1905/1906 die onderneming gekoop het. Terselfdertyd het Collier in vennootskap getree met Charles Stevens. Stevens het ’n veeplaas in Swaziland gehad, wat ’n moontlike afsetgebied vir die kuilvoer was. Deur hierdie vennootskap kon genoeg geld bekom word om die onderneming op Moorreesburg nou uit te koop. Omrede kalwer- en koeimeelformules steeds in 1913 onder die Tiger-naam geregistreer is, kan mens van die standpunt uitgaan dat die maatskappy vir ’n lang ruk nog kuilvoer (van welke aard dan ook) gemaak het.
En tog, kyk mens na die staatsverslae, is die naam "African Compressed Fodder Company" nog gebruik in 1907/1908, toe daar die spoortariewe bespreek is wat die maatskappy benadeel het. Hier was Alfred Marshall die verteenwoordiger van die maatskappy. Onder die naam "African Compressed Fodder Company" is hawerprodukte gemaak.Custom Tariff Commission. 1908. Minutes of Evidence. 1907/1908, bl. 583 Ook by die maandelikse vergadering van die Malmesbury Afdelingsraad wat op 24 September 1907 gehou is, staan geskryf: "Brieven voorgelegd van de Afrikaanse geperst voeder maatschappij, te Moorreesburg, betreffende belastingen verschuldigd".De Zuid-Afrikaan. 1907. 19 Oktober:3, kolom 2
Nietemin, teen 1905/1906 was hawermout in Suid-Afrika nog ingevoer en veral geliefd as ontbyt. Die Engelse was nou nie juis besonder lief vir mieliepap nie. En net daar kry Collier ’n blink gedagte: hy gaan self hawermout maak. Op Moorreesburg. Kort na die oorname van die onderneming gaan Collier vir ’n paar jaar op sy wêreldtoer – op sy reis kyk hy bietjie na die masjinerie en meule wat in Amerika, Kanada, Australië, Hongarye, Rusland en Brittanje gebruik word.
Aanbou Op 21 Augustus 1905, byna 'n jaar ná die kennisgewing van die openbare vergadering om Moorreesburgers se belangstelling te peil, word 'n paar reëls deur 'n korrespondent geskryf aan De Zuid-Afrikaan (wat op 26 Augustus geplaas word), onder die hofie "Moorreesburg". Daar word melding gemaak van die reën, van 'n gebou van meneer Abrams wat voltooi is en 'n groter skool wat aangebou gaan word, asook meer rondom die sieleheil van die gemeenskap. Tussenin kry mens ook te lese (nouliks leesbaar): De Zuid-Afrikaan. 1905. 26 Augustus:7, kolom 1
'n Korrespondent se plasing verskyn in De Zuid-Afrikaan op 31 Augustus 1905, op bl. 4, kolom 4, waarin die grond voorberei word vir die fondasies. Ook was kuilvoer ("geperst voeder") die aanvanklik beoogde produk:De Zuid-Afrikaan. 1905. Moorreesburg. 31 Augustus:4
In De Zuid-Afrikaan verskyn die volgende uittreksel op 10 Februarie 1906, bladsy 7, kolom 1:De Zuid-Afrikaan. 1906. Moorreesburg. 10 Februarie:7
Moorreesburg is in rep en roer. Ekstra treine loop volop en is net nie daartoe in staat om goedere gou genoeg te vervoer nie. Daar is reeds al gepraat oor 'n daaglikse trein wat na die Kaap moet loop – maar dinge kom net nie tot 'n punt nie. Boonop word goedere op trokke wat swaar gelaai is dikwels by Malmesbury afgehaak, en dit moet maar daar bly staan tot daar weer 'n geskikte geleentheid kom om die goedere verder te vervoer. Daar is ook nie genoeg personeel op Moorreesburg se stasie om die goedere so spoedig moontlik af te laai nie. Die "neringdoenden" (winkeliers; kleinhandelaars), asook die "Kapenaren" wat aan die fabriek en skool bou, word hierdeur benadeel. Die werkers het die voorliefde om na werk 'n glas "ticky"-bier by een van die drie kroeë op die dorp te gaan drink, en die korrespondent vind dit erg rampsalig – veral gegewe die berugte Februarie-hitte op Moorreesburg – dat hierdie werkers dikwels vir drie dae nie 'n glas "ticky"-bier kan koop nie. Daar is na raming reeds 2 000 blankes en net soveel bruin mense op Moorreesburg, lui die berig, maar die dorp bly steeds sonder sy eie munisipaliteit en ook sonder 'n landdros. Daar is maar een voetkonstabel wat wet en orde moet handhaaf.
'n Paar maande later verskyn nog 'n korrespondensiebrief in De Zuid-Afrikaan op 7 Junie 1906, bladsy 3, kolom 2; die tersaaklike woorde is:De Zuid-Afrikaan. 1906. Moorreesburg. 7 Junie:3
Impak Op 11 Oktober 1904, byna 'n maand nadat 'n vergadering oor 'n voorgestelde kuilvoeraanleg gehou is, word nog geskryf: "Ons dorpie is taamlik aan die groei; vreemdelinge wat jare lank nie hier was nie staan verbaas wanneer hulle hier aankom en sien watter vooruitgang ons dorp gemaak het."De Zuid-Afrikaan. 1904. Moorreesburg. 11 Oktober:4, kolom 8 Salig onbewus van 'n vierverdiepingfabriek wat nog sou kom.
Die boujaar van die fabriek, 1906, val ook net te netjies saam met die petisie, gerig aan die goewerneur Sir Walters Francis Hely-Hutchingson, wat op bl. 2 verskyn in De Zuid-Afrikaan op 10 April 1906. Die inwoners en stemgeregtigdes wil nou, ingevolge Wet 45 van 1882, die dorpsraad tot munisipaliteit verhef, en die volgende redes word verstrek; Moorreesburg:De Zuid-Afrikaan. 1906. Petition. 10 April:2De Zuid-Afrikaan. 1906. Moorreesburg een municipaliteit. 14 April:5, kolom 7
Is nou die tweede vernaamste dorp in die Afdeling Malmesbury Maak nou die spilpunt van 'n welvarende graandistrik uit, met 'n snelgroeiende bevolking Word met ander hoofdorpe deur spoorlyn verbind Dien as trekpleister vir groot maatskappye, asook geboue met 'n duur erfwaarde.
Derhalwe is die dorpsbestuur nie meer geskik of voldoende om in die behoeftes (van so 'n omvang) te voorsien nie. Die petisie is reeds onderteken deur 83 individue.
Op 20 April 1906 stoot die dorpsbestuur die belasting op vaste eiendomme op; ingevolge Seksie 16 van Wet 29 van 1881. Betaalbaar is 'n pennie vir elke pond wat elke stuk grond werd is. Die belasting moet op die 25ste Mei 1906 inbetaal wees by die Kantoor van de Afdelingsraad te Malmesbury. Vergeleke hiermee was die Afdelingsraad Clanwilliam se heffing in dieselfde tydperk wel 1¼ pennie per pond. Clanwilliam sit net baie duideliker uiteen waarheen die geld gaan: 'n stuiwer (halfpennie) word vir die hoofweë gebruik, 'n stuiwer vir "de Afdelingswegen en andere doeleinden" en 'n oortjie (kwartpennie) word betaal aan die skoolraad van Clanwilliam vir skooldoeleindes.De Zuid-Afrikaan. 1906. Afdeling Malmesbury. 21 April:8, kolom 3 en 4Aan die ander kant het die dorpsrade van Darling (1 pennie per pond) en Riebeek Kasteel (halfpennie per pond) ook hul belastings in Meimaand opgestoot. In dieselfde asem het die dorpsbestuur van Moorreesburg die oninbare belastings van 1904 (altesaam 5 pond 8 sjielings 1 pennie) afgeskryf.De Zuid-Afrikaan. 1906. Afdelingsraden: Malmesbury. 29 Mei, bl. 6, kolom 1
Hierdie gegewens is van belang, want op 30 Oktober 1906 word by die maandelikse vergadering van die Afdeling Malmesbury vermeld die African Compressed Fodder Company betwis die erfwaarde van sy grond: "De Afr. Compr. Fodder Co., van Moorreesburg, objekteerde tegen de schatting van £15,000 en vroeg, door middel van de prokureur Kotze, een reduktie aan. De valueerders werden opgeroepen om hun inzichten te kennen te geven en er werd eenparig besloten om de valuatie tot op £10,000 te stellen." De Zuid-Afrikaan. 1906. Malmesbury. 17 November:10, kolom 1