Erica mallotocalyx is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom voor by Joubertina in die Langkloof. Die plant se voorkomsgebied is 200 km² en daar is tans minder as 15 populasies. Die populasies noordoos van Uniondale is stabiel en word nie bedreig nie. Die populasies aan die ooste van die Onder-Kouga gebied word bedreig deur oorbeweiding, landbou aktiwiteite en die hoë voorkoms van veldbrande.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
mallotocalyx Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika