Conrad Botes (gebore 1969 in Ladismith, Wes-Kaap, Suid-Afrika) is een van die jonger Suid-Afrikaanse kunstenaars wat veral bekend is vir sy satiriese kommentaar op veral geloof en politiek en die werk wat hy aan Bitterkomix saam met Anton Kannemeyer gedoen het. Hy het 'n MA-graad (Skone Kunste) aan die Universiteit van Stellenbosch in 1997 verwerf asook 'n diploma in tweede fase illustrasie van die Koninklijke Akademie voor Beeldende Kunsten, Den Haag, Nederland (1994).
Botes is 'n kunstenaar wat tot die Michael Stevenson Galery behoort.
Toekennings Algehele wenner Absa L'Atelier (2004)
Bibliografie The Big Bad Bitterkomix Handbook (2006) Fear of a Black Planet (2008) Bitterkomix 15 (2008) Alphabet of Democracy (2010) Pappa in Afrika (2010) Bitterkomix 16 (2013) Bitterkomix 17 (2016)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse spotprentkunstenaars