Bintanat of Bentanat was die oudste dogter en later koningsvrou van die Egiptiese farao Ramses II.
Familie
Bintanat is moontlik tydens die bewind van haar oupa, Seti I, gebore. Haar ma was heel waarskynlik Isetnofret, een van Ramses II se hoofvroue. Haar naam is Semities en beteken "Dogter van Anat", met verwysing na die Kanaänitiese godin. Sy het minstens drie broers (Ramses, Chaemwaset en Mernepta) en 'n suster (ook met die naam Isetnofret) gehad.Dodson, Aidan and Hilton, Dyan. The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson. 2004. , p.170
Bintanat het 'n dogter gehad wat op die skilderye in haar grafkelder in die Vallei van die Koninginne verskyn. Haar naam word nie genoem nie, maar was waarskynlik ook Bintanat. Sy het met die volgende farao, Mernepta, getrou.
Lewe thumb|links|220px|Aswan-rotsstele. Bo: Ramses II, Isetnofret en Chaemwaset voor Chnoem. Onder: Mernepta, Bintanat en prins Ramses.
Bintanat word uitgebeeld in 'n toneel op 'n pilaar in Luxor uit Jaar 3 van Ramses II. Daar word gesê sy is die koning se eerste dogter en is die eerste in 'n optog van prinsesse. Sy word deur Meritamen gevolg. Bintanat verskyn twee keer as 'n prinses in Aboe Simbel.Kitchen, K.A., Ramesside Inscriptions, Translated & Annotated, Translations, Volume II, Blackwell Publishers, 1996
Bentanat het omstreeks Jaar 25 van haar vader se bewind die koningsvrou geword. Gedurende haar tydperk as koningin het sy verskeie titels gehad, soos erfprinses, die groot eerste een, dame van die twee lande, groot vrou van die koning, meesteres van Bo- en Benede-Egipte, ensovoorts.Grajetski Ancient Egyptian Queens: a hieroglyphic dictionary Golden House Publications.
As koningsvrou verskyn Bintanat op verskeie standbeelde van Ramses II: minstens een keer in Memphis, drie keer in Karnak en Luxor, asook verskeie kere in Wadi es-Seboea.
Twee familiesteles wys Bintanath saam met haar gesin. Die Aswan-rotsstele wys Ramses II, Isetnofret en Chaemwaset voor die god Chnoem, terwyl Bintanat op 'n ander plek saam met haar broers Ramses en Mernepta verskyn. Sy kom ook voor op 'n ander stele van Silsila.
Dood Hoewel sy Ramses II se oudste dogter was, was sy een van die min kinders wat hulle vader met sy lang lewe oorleef het. Sy is oorlede tydens die bewind van haar broer Mernepta en is in grafkelder QV71 in die Vallei van die Koninginne begrawe.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Koninginne van farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 13de eeu v.C.