'n Patriarg is 'n biskop met die hoogste rang in die Oosters-Ortodokse, Oriëntaal-Ortodokse, Katolieke en Hussitiese Kerk, asook sommige onafhanklike Katolieke kerke. Soms word hulle "pous" genoem, soos die pous van Rome en die pous van Alexandrië, en soms "katolikos", soos in die Kerk van die Ooste.

Die woord kom van die Griekse πατριάρχης (patriarchēs),πατριάρχης, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus wat beteken "vader of hoof van 'n familie". Dit is 'n samestelling uit πατριά (patria, "familie")πατριά, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus en ἄρχειν (archein, "om te heers").ἄρχω, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on PerseusOnline Etymological Dictionary: "patriarch"

Die term het aanvanklik gedui op 'n man wat 'n outokratiese gesag oor 'n uitgebreide familie uitgevoer het as 'n pater familias. So 'n stelsel is bekend as 'n patriargie. Die term het binne die Christendom 'n kerklike betekenis gekry. Die gebied van 'n patriarg is bekend as 'n patriargaat.

Abraham, Isak en Jakob word beskou as die drie patriarge van Israel, en die tydperk waarin hulle gelewe het as die "Tydperk van die Patriarge".

Verwysings

Skakels