Burgerwetenskap is wanneer die algemene publiek, of amateurs, aan wetenskaplike navorsing en ander projekte deelneem. Daar is verskille in die presiese definisies van burgerwetenskap; verskillende individue en organisasies het hulle eie spesifieke vertolking van wat dit behels.

Beskrywing thumb|240px|'n Hoërskoolleerling dra tot die burgerwetenskapprojek EyeWire by as deel van 'n neurologiekursus. Burgerwetenskap word in 'n groot verskeidenheid studievelde gebruik, soos ekologie, biologie en bewaring, gesondheids- en mediese navorsing, sterrekunde, media en kommunikasie, en inligtingswetenskap.

Daar is verskillende gebruike en funksies van burgerwetenskap in navorsingsprojekte. Dit kan gebruik word as 'n metodologie waar vrywilligers van die publiek help om data in te samel en te klassifiseer, en so die wetenskaplike gemeenskap se kapasiteit vergroot. Die publiek kan ook regstreekser deelneem, met groepe wat projekte begin om omgewings- en gesondheidsgevare in hulle eie gemeenskappe na te vors. 'n Deelname in burgerwetenskapprojekte voed ook die publiek op oor die wetenskapproses en vergroot hulle bewustheid van verskillende onderwerpe.

Sommige skole het leerlinge wat vir dié doel aan burgerwetenskapprojekte deelneem as deel van die skoolleerplan.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Samelewing Kategorie:Wetenskap