duimnael|Simbool van Interrex Die interrex (meervoud: interreges) was 'n buitengewone magistraat tydens die Romeinse Koninkryk en -Republiek. Die interrex is aanvanklik aangestel na die afsterwe van die koning van Rome tot die verkiesing van sy opvolger, vandaar die naam van die amp—'n heerser "tussen konings" (Latyns inter reges). Die amp is behou gedurende die Republiek indien dit vir beide konsuls onmoontlik was om hul pligte te vervul, veral tydens verkiesings. Interreges was vir slegs vyf dae aan bewind, wat dikwels daartoe gelei het dat verskeie van hulle opeenvolgend verkies is, met 'n rekord getal van 15 interreges in 326 v.C. Hulle is slegs gekies uit die patrisiërklas van die Romeinse senators, en gedurende die Konflik van die Ordes of die Stryd van die Ordes Die Konflik van die Ordes, ook bekend as die Stryd van die Ordes, was 'n politieke stryd tussen die plebejers (gewone burgers) en patrisiërs (aristokrate) van die antieke Romeinse Republiek, wat geduur het van 500 v.C. tot 287 v.C. Hiertydens het die plebejers betoog vir politieke gelykheid met die patrisiërs. Dit het 'n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die Grondwet van die Romeinse Republiek. Kort na die stigting van die Republiek het hierdie konflik daartoe gelei dat die plebejers Rome verlaat het en hulle afgesonder het deur na die Heilige Berg te gaan in tye van oorlog. Die resultaat van hierdie eerste afsondering of afskeiding van Rome was die skepping van die amp van die plebejerstribuun, en daarmee saam die eerste verkryging van werklike mag deur die plebejers. het hul aanstelling somtyds ten doel gehad om die plebejers te verhinder om die mag te bekom of wette deur te voer.
Soos met die diktatuur, is die amp van interreges grotendeels toegepas tot die tyd van die Tweede Puniese Oorlog. Die amp het slegs in 82 v.C. herleef sodat Sulla sodoende diktator kon word, en tussen 55 en 52 v.C., toe Pompeius die Romeinse Grondwet tot sy eie voordeel misbruik het.
Geskiedenis Die amp van interrex is vermoedelik geskep na die dood van Rome se eerste koning Romulus, en dus word die oorsprong daarvan verduister deur mite. Die Senaat van die Romeinse Koninkryk kon aanvanklik nie 'n nuwe koning kies nie. Met die doel om die regering van die stad voort te sit, is die Senaat, wat toe uit honderd lede bestaan het, in tien decuriae (groepe van tien) verdeel; en uit elk van hierdie decuriae is een senator as decurio benoem. Elkeen van die tien decuriones het opeenvolgend die koninklike mag en sy kentekens vir vyf dae as interrex gehou; indien daar na die verloop van vyftig dae geen koning aangestel is nie, het die rotasie opnuut begin. Die tydperk waarin hulle hul mag uitgeoefen het, is 'n interregnum genoem, en het vir een jaar geduur. Hierna is Numa Pompilius as die nuwe koning verkies.Livius, Ab urbe condita (Geskiedenis van Rome), 1:17
Na die dood van elke daaropvolgende koning is 'n interrex deur die Senaat aangestel. Sy funksie was om 'n vergadering van die Wetgewende Vergaderings van die Romeinse Koninkryk (Comitia Curiata) byeen te roep, wat daarna 'n nuwe koning verkies het.sien bv. Livius, Ab urbe condita, 1:32
Onder die Republiek is interreges aangestel om die comitia byeen te roep vir die verkiesing van die Romeinse konsuls, wanneer die konsuls deur burgerlike onluste of ander oorsake soos bv. die dood, dit nie gedurende hul ampsjaar kon doen nie. Elke interrex het die amp vir slegs vyf dae beklee, soos onder die konings. Tydens die kort interregnum het hulle die meeste van die oorspronklike mag van die koning gehad, of die mag van die twee konsuls in die eerste jare van die Republiek.Cambridge, The Five Days Interregnum in the Roman Republic, https://www.cambridge.org/core/journals/classical-quarterly/article/abs/fiveday-interregnum-in-the-roman-republic/0EBEC44DCC8C90C719A8FBE08E7F4189 Die comitia is as 'n algemene reël nie byeengeroep deur die eerste interrex nie, wat oorspronklik die curio maximus was, maar meer gewoonlik deur die tweede of derde; in een geval lees ons van 'n elfde, en in 'n ander van 'n veertiende interrex. Die comitia om die eerste konsuls te verkies is byeengeroep deur Spurius Lucretius Tricipitinus óf as interrex óf as praefectus urbi.Dionusios van Halikarnassos, Romeinse Oudhede 4.76.1; 4.84.5. Livius, Ab Urbe Condita 1.59.2; 1.60.4.Die interreges onder die Republiek, ten minste vanaf 482 v.C., is deur die Senaat uit die geledere van die ou-konsuls verkies, en was nie beperk tot die decem primi of tien hoofsenatore soos onder die konings nie. Plebejers was egter nie verkiesbaar vir die amp nie; en toe die Senaat gevolglik wel plebejers verkiesbaar gestel het, het die patrisiër-senatore sonder die plebejers bymekaargekom om 'n interrex te kies. Om hierdie rede, sowel as vanweë die invloed wat die interrex in die verkiesing van die magistrate uitgeoefen het, vind ons dat die tribune van die plebejers sterk gekant was teen die aanstelling van 'n interrex. Dit is moontlik dat interreges die enigste magistrate was wat vrygestel is van die vetoreg van 'n tribuun.Acta Triumphalia (CIL I.p.45), Livius (4–41.10; 8.23.12), en Suetonius (Jul. 51.4) - wat buitengewoon sou wees, aangesien elke Romeinse diktator gewoonlik onderhewig was aan die veto.
Interreges is steeds af en toe aangestel tot die Tweede Puniese Oorlog. Daarna is geen interrex aangestel totdat die Senaat, op bevel van Lucius Cornelius Sulla, vir Lucius Valerius Flaccus aangestel het om die comitia byeen te roep vir sy verkiesing as Romeinse diktator in 82 v.C. In 55 v.C. is 'n ander interrex aangestel om die comitia te hou waartydens Pompeius en Crassus tot konsuls verkies is. Daar was verskeie interreges in 53 en 52 v.C.; die laaste interreges was Marcus Aemilius Lepidus; in 52 het 'n interrex die comitia byeengeroep waartydens Pompeius verkies is as die enigste konsul. Die aantal interreges gedurende die twee jaar was so hoog dat Cicero op ironiese wyse daaroor geskryf het in 'n brief.
Lys van Romeinse interreges (509 - 52 v.C.) Tensy andersins aangedui, is die name en datums van die interreges geneem uit Thomas Broughton se The Magistrates of the Roman Republic. +JaarInterrexnota509Spurius Lucretius Tricipitinus482Aulus Sempronius Atratinus, 1ste Spurius Lartius Flavus, 2de462Publius Valerius Poplicola444Titus Quinctius Capitolinus Barbatus420Lucius Papirius Mugillanus 413Quintus Fabius Vibulanus 396Lucius Valerius Potitus Quintus Servilius Fidenas (konsulêre tribuun)
Marcus Furius Camillus391Marcus Furius Camillus II Publius Cornelius Maluginensis Scipio (konsulêre tribuun)
Lucius Valerius Potitus II389Publius Cornelius Maluginensis Scipio II (konsulêre tribuun) Marcus Furius Camillus III387Marcus Manlius Capitolinus Servius Sulpicius Camerinus
Lucius Valerius Potitus III355Quintus Servilius Ahala I & II Marcus Fabius Ambustus I & II
Gnaeus Manlius Capitolinus Imperiosus
Gaius Fabius Ambustus
Gaius Sulpicius Peticus
Lucius Aemilius Mamercinus Servilius & M. Fabius twee keer aangestel35211 onbekende interreges Lucius Cornelius Scipio Cornelius as die twaalfde van 'n opeenvolging van interreges351Gaius Sulpicius Peticus II Marcus Fabius Ambustus III340Marcus Valerius Corvus Marcus Fabius Ambustus IV?
of Marcus Fabius Dorsuo3324 onbekende interreges Marcus Valerius Corvus IIValerius as die vyfde en laaste van 'n reeks van interreges32613 onbekende interreges Lucius Aemilius Mamercinus PrivernasAemilius as die veertiende van 'n reeks van interreges 320Quintus Fabius Maximus Rullianus Marcus Valerius Corvus III298Appius Claudius Caecus Publius Sulpicius Saverrio 291Lucius Postumius Megellus 222Quintus Fabius Maximus Verrucosus?Fabius was twee keer Interrex, albei kere tydens onbekende datums. Hierdie datum is deur Broughton voorgestel.216Gaius Claudius Centho Publius Cornelius Scipio AsinaScipio het die comitia byeengeroep wat die konsul Varro verkies het.208?Quintus Fabius Maximus Verrucosus II?Mommsen en Broughton stel dié datum voor as 'n moontlikheid vir Fabius se verkiesing as interrex. Livius skryf in pleks hiervan die verkiesing toe aan die diktator Titus Manlius Torquatus 82Lucius Valerius Flaccus 55Marcus Valerius Messalla Niger53verskeie onbekende interreges Marcus Valerius Messalla Niger
Quintus Caecilius Metellus Pius Scipio52Marcus Valerius Messalla Niger Marcus Aemilius Lepidus
Verwysings
Bronnelys
Kategorie:Romeinse Republiek