Kalsiumsulfaat is 'n sout van kalsium met swaelsuur. Dit het die chemiese formule .
Dit vorm 'n hemihidraat en 'n dihidraat . Dit verloor ½ by 128 °C en 2 by 163 °C. Die watervrye vorm is higroskopies.
Die hidrate kom in die natuur as die mineraal bassaniet en gips voor. Die watervrye vorm word anhidriet genoem en kom ook as mineraal voor.
Kristalstruktuur Kalsiumsulfaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die H0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie verteenwoordig. Die struktuur bevat tetraëdriese sulfaatgroepe en die kalsiumatome het agt suurstofbure op vier verskillende afstande.
'n Heksagonale metastabiele vorm, - is bekend as oplosbare anhidriet en word deur dehidrasie van die hemihidraat by relatief lae temperature gevorm.
Verwysings
sulfaat kategorie:Anorganiese verbindings