Ammoniumperchloraat is 'n sout van ammonium en perchloorsuur met die formule .
Dit is higroskopies by 75-95% lugvogtigheid en vervloei bo 95%.
Kristalstruktuur By kamertemperatuur kristalliseer - in 'n ortorombiese struktuur wat afgelei is van die barietstruktuur, nes die laetemperatuurfase van kaliumperchloraat. Nes hierdie stof is daar by 513K 'n oorgang na 'n kubiese struktuur. Die oorgang is van die eerste orde. Maar dit is vanweë die stof se termiese ontbinding moeilik om te bestudeer.
Chemiese eienskappe duimnael|Die ione|links Dit bestaan uit tetraëdriese ammonium- en perchloraatione. is 'n baie sterk oksideermiddel, terwyl ammonium reduserend is. Dit maak dit 'n plofstof.
Vervaardiging Ammoniumperchloraat kan op verskeie maniere vervaardig word: uit natriumperchloraat en ammoniumchloried. Ammoniumperchloraat is baie minder oplosbaar (115 [g/L]) as die natriumsout (1670 [g/L]) uit natriumperchloraat en ammoniumsulfaat. deur die reaksie van perchloorsuur en ammoniumwaterstofkarbonaat deur die reaksie van ammoniak en perchloorsuur.
Die termiese ontbinding
Die suiwer sout ammoniumperchloraat begin in vakuum by ongeveer 130 °C om te sublimeer en te ontbind. Ontsteking vind egter eers by ongeveer 400 °C plaas.
Die ontbinding vind deur meer as een reaksiemeganisme plaas. Onder 300 °C kan die ontbinding hoofsaaklik deur die volgende stoïgiometriese vergelyking voorgestel word
met spore van , , en ander sogenaamde "nitreuse dampe". Bo 300°C neem die hoeveelhede en "nitreuse dampe" toe. In die hoë temperatuurgebied, bo 380°C, word die reaksie plofbaar word en volg dit hoofsaaklik die vergelyking:
Ander gasse is echter ook aangetref soos , of
Gebruike Ammoniumperchloraat is 'n plofstof wat gebruik word as 'n komponent van vuurwerke, flitspoeiers, rooklose stralers en vuurpyle. Dit word ook gebruik in oksideer-, gravure- of etsverbindings, en as 'n reagens in die analitiese chemie. Perchloraat word gebruik (alleen of in kombinasie met ander antitiroïedmiddels) om amiodaroon-geïnduseerde tirotoksikose te behandel, 'n toestand waarin skildklierafwykings voortspruit uit oormaat jodium wanneer die jodiumbevattende middel amiodaroon gegee word om hartaritmie te beheer.
Verwysings
perchloraat kategorie:Anorganiese verbindings