Kalsiumheksaboried is 'n verbinding van kalsium en boor met die formule

Kristalstruktuur Kalsiumheksaboried kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe is van die D2-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is 'n afgeleide van die sesiumchloried-struktuur waarin die chloriedioon vervang is deur 'n (leë) oktaëder van ses booratome. Baie heksaboriede het hierdie struktuur, soos: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , en .

Chemiese eienskappe Enkelkristally van hierdie stof is verkry uit 'n smelt van die elemente saam met aluminium.

Fisiese eienskappe Aardalkalimetaalheksaboriede soos en het 'n ongewone tipe ferromagnetisme getoon. Die langafstandsorde tot 'n Curie-temperatuur van 600 K was onverwags omdat hierdie verbindings nie gedeeltelik gevulde 3d of 4f orbitale besit nie.

Die -stuktuur bevat 'n boornetwerk wat twee elektrone benodig om 'n geslote konfigurasie te vorm; dus is binêre aardalkalie-heksaboriede halfgeleiers in teenstelling tot bv. lantaanheksaboried. Dit is bevestig deur hoekafhanklike foto-emissiespektroskopie-eksperimente en deur 'n GW-berekening, wat die bestaan ​​van 'n energiegaping van ongeveer 0.8 ∓ 0.1 eV by die X-punt in die Brillouin-sone bevestig. Die waargenome ferromagnetisme sal waarskynlik deur intrinsieke defekte aangedryf word. Die swak magnetiese momente is waarskynlik afkomstig van paramagnetiese B-defekte wat kalsiumvakatures vul.

Gebruike word as 'n bymiddel vir antioksidante in vuurvaste samestellings, deoksidante en in slytasiebeskerming gebruik. 'n Kopersmelt moet gedeoksideer word kort voor dit gegiet word. Die middel wat bygevoeg word, moet nie die fisiese eienskappe of die hoë elektriese geleidingsvermoë van die legering verander nie. Kalsiumheksaboried is die enigste materiaal wat nie die elektriese geleidingsvermoë van koper verminder nie.

Verwysings

heksaboried kategorie:Verbindings van boor kategorie:Anorganiese verbindings