Die geelhout (Podocarpus latifolius), ook bekend as opregte geelhout of breëblaar-geelhout, is 'n groot immergroen boom in die familie Podocarpaceae wat tot 35 m hoog word. Hierdie boomspesie is Suid-Afrika se nasionale boom.Die Suid-Afrikaanse Gids. Feite en wenke. 2009. Die hout word in die houtbedryf benut. Die boom se FSA-nommer is 18.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Verspreiding en status Dit is inheems aan Lesotho, Suid-Afrika en Eswatini en op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys. Dit word aangetref van die Wes-Kaap tot in Mpumalanga en Limpopo. Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.

Beskrywing Die stam kan 'n middellyn van tot 3 m hê. Dit is reusagtig wanneer dit in immergroen berg- en kuswoude groei, maar kom voor as lae of dwergagtige bome op blootgestelde berghange. Die bas is langskeeps gegroef. Manlike bome produseer pienkerige, katjieagtige keëls wat ongeveer 2,5 cm lank is. Die vroulike bome produseer vlesige blombodems en aan die punt word een of twee sade gevind. Die sade is ongeveer 1 tot 1,5 cm lank, dun en vlesig en word op 'n helderrooi, vlesige kussinkie gedra. Die sade word blou of perskleurig wanneer hulle volwassenheid bereik.

Fotogalery

Sien ook Lys van Nasionale Simbole van Suid-Afrika Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Conifer Specialis Groep (1998). Podocarpus latifolius. 2006 IUCN Rooilys van Bedreigde spesies. IUBN 2006. Besoek op 12 Mei 2006. Suid-Afrikaanse Staatsimbole Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online van Rensburg, Theuns: Ons nasionale boom. In: Omgewing RSA. Departement van Omgewingsake. Deel 10, nr. 6, Junie 1983

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Podocarpus Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Nasionale simbole van Suid-Afrika