Diystermonofosfied is 'n verbinding tussen yster en fosfor met die chemiese formule .

Dit kom in die natuur as die mineraal barringeriet voor.

Kristalstruktuur Diystermonofosfied kristalliseer in 'n heksagonale struktuur wat die argetipe van die C22-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Daar is verskeie verbindings wat hierdie struktuur besit soos , , , , , , , , (HT)

Onder toestande van hoë druk en hoë temperatuur vind 'n fase-oorgang plaas na die ortorombiese --struktuur (anti-cotunniet; strukturbericht C23). Dit kan by omgewingstoestande as 'n metastabiele fase behou word. Hierdie fase word ook in die natuur aangetref as die mineraal allabogdaniet.

Meteoriete Beide barringeriet en allabogdaniet word in meteoriete aangetref, gewoonlik as mengkristalle (Ni,Fe)P.

Fisiese eienskappe Die ysteratome beklee twee verskillende atoomposisies in , Die tipe-I-posisie word deur vier fosforatome omring wat 'n tetraëder vorm, terwyl die tipe II-posisie deur vyf fosforatome omring word wat 'n piramide vorm. Gepolariseerde neutrondiffraksie op enkelkristalle by 77 K het, onderskeidelik, die magnetiese momente 0.92 en 1.70 vir I- en II-posisies. opgelewer. Die verbinding is 'n ferromagneet met 'n Curietemperatuur van ong. 200K. Die magnetiese oorgang is egter van die eerste orde. By die Curietemperatuur (208.6 K by 1 atm) vind 'n eerste-orde oorgang van metaal na halfgeleier plaas. By kamertemperatuur het 'n weerstand is ~4,3Ωm langs die b-as en 3Ωm langs die c-as.

Chemiese eienskappe Dit kan by hoë temparatuur uit die elemente verkry word. Dit is nie in water, verdunde sure of bassisse oplosbaar nie. Dit los op in salpetersuur, fluoorsuur en koningswater en stel fosfien vry.

Dit word in die vervaardiging van yster en staal gebruik.

Elektrochemie 'n Katalitiese stelsel gebaseer op diysterfosfied het in alkaliese medium (0,5 mol/L NaOH) elektrokatalitiese aktiwiteit teenoor stikstofreduksie getoon. Voltammetriese elektro-analitiese metings van die stropingstipe, Ramanspektroskopiese en spektrofotometriese data toon dat die -katalisator omskakeling van na fasiliteer. Die proses is redelik selektief ten opsigte van die mededingende vorming van waterstof.

Verwysings

fosfied kategorie:Verbindings van fosfor kategorie:Anorganiese verbindings