Natriumpirosilikaat is 'n sout van natrium en die onstabiele suur pirokieselsuur . Dit is een van die fases van die natriumsilikaat-stelsel met 'n modulus 3:2. Dit het 'n chemiese formule .
Die stof is baie higroskopies. en metastabiel onder 'n temperatuur van 795 °C. Dit vorm 'n eutektikum met natriummetasilikaat by 1016 °C en met natriumortosilikaat by 1029 °C.
Kristalstruktuur Natriumpirosilikaat kristalliseer in in 'n trikliniese kristalstuktuur. Dit is 'n sorosilikaat wat die dimere -ion bevat. Dit word gevorm deur twee -tetraëders wat 'n hoekpunt deel. Daar is verskeie natrium-posisies wat vier- tot sesvoudig deur suurstofatome gekoördineer word. Die NaO-poliëders is deur hoekpunt or rande te deel met mekaar verbind.
Die pirosilikate van kalium, rubidium en sesium (, en ) het dieselfde struktuur.
Gebruike Saam met die ortosilikaat word natriumpirosilikaat voorgestel as 'n absorpsiemiddel vir koolstofdioksied uit die atmosfeer.
Verwysings
pirosilikaat Kategorie:Verbindings van silikon Kategorie:Anorganiese verbindings