Litiumstronsiumortosilikaat is 'n (dubbel)-sout van litium en stronsium met (orto)-kieselsuur. Dit het die chemiese formule .

Kristalstruktuur Hierdie ortosilikaat kristalliseer in 'n trigonale struktuur wat isostruktureel met is. Die struktuur bevat - en -tetraëders met mekaar verbind deur hoeke te deel. Dit vorm 'n driedimensionele (3D) netwerk waarin ione geakkommodeer kan word met 'n verwronge agtvoudige koördinasie. Optiese aktiveerder(s), soos -ione, kan die Sr-ione maklik vervang en so mengkristalle vorm. Die gemiddelde Sr–O-bindingsafstand is 263,3 pm. Die -dodekaëder kan voorgestel word as 'n verwronge kubus wat 'n koördinasie tussen 'n gewone kubus en 'n antiprisma oplewer, soos dit ook in YAG:Ce fosfors aangetref word.

Bindingslengtes en -hoeke: afstand (pm)maksimaalminimaalgemiddeldebindingsvalensiesomLi-O202,8191,4198,2197,9Si-O163,4163,7163,5162,4Sr-O257,2267,1263,1263,1hoek (°)maksimaalminimaalgemiddeldeideale waardeO-Li-O96,1132,6108,9109,47O-Si-O106,2113,7109,5109,47

Chemiese eienskappe Die verbinding kan verkry word deur , en saam te smelt or deur , en saam by 500 °C te verhit, te verpoeier en by 850 °C opnuut te sinter. en/of kan bygevoeg word om die produk te doteer. Ander lantaniede kan ook gebruik word. Die gedoteerde fosfor :Ce straal blou lig uit en :Eu geel lig. Deur die laaste fosfor te behandel met waterstofgas kan :Eu verkry word wat rooi lig uitstraal.

'n Ander metode is om uit te gaan van , en ; dit vorm 'n gel. Die gel kan verhit word tot 800 °C en lewer 'n suiwere poeier van . Dit kan met LiCl by 900 °C gesmelt word en lewer kristalle wanneer dit stadig afgekoel word.

Gebruike

Vanweë hul uitstekende chemiese en termiese stabiliteit is aardalkali-ortosilikaatfosfore (M = Ca, Sr, Ba), soos ander ortosilikaatmateriale wyd ondersoek as gasheermateriale, wat as fosfore in ligemissiediodes (LED's) gebruik kan word. :Eu is ook een van hierdie ortosilikaatfosfore wat in wit LED's gebruik word.

Die optiese bandgaping van :0,05Eu en :0,05Eu/0.01Li is 5,40 en 5,46 eV.

Die vorm van die -dodekaëder 'n bietjie nader aan 'n gewone antiprisma as dit in YAG:Ce die geval is. Dit word verwag dat die indusering van 'n laer simmetrie van die Sr-plek in daartoe sal lei dat met europium gedoteerde liteiumstronsiumortosilikaat :Eu emissie by langer golflengtes vertoon in vergelyking met YAG:Ce.

Verwysings

stronsiumortosilikaat Kategorie:Verbindings van stronsium Kategorie:Verbindings van silikon kategorie:Anorganiese verbindings