thumb|200px|Numerorum mysteria (1591), 'n verhandeling oor numerologie deur Pietro Bongo. Sy invloedrykste werk in Europa.
Numerologie (ook bekend as aritmomansie) is die geloof in 'n okkulte, goddelike of mistiese verhouding tussen 'n nommer en een of meer samevallende gebeure. Dit is ook die studie van die numeriese waarde, deur 'n alfanumeriese stelsel, van die letters in woorde en name. Dit word dikwels verbind met astrologie en ander soorte waarsêery.
Geskiedenis Die term "aritmomansie" is afgelei van die Griekse woorde arithmos (nommer) en manteia (waarsêery). Die beteken dus die studie van waarsêery deur nommers. Die woord dateer van die 1570's.
Die praktyk om numeriese waardes aan woorde en name te gee en godsdienstige betekenis daaraan te heg dateer uit die oudheid. 'n Assiriese inskripsie uit die 8ste eeu v.C. oor Sargon II verklaar: "Die koning het die muur van Chorsabad 16 283 voorarmlengtes lank laat bou om ooreen te stem met die numeriese waarde van sy naam." Verskillende metodes van numerologie is deur die jare gebruik, soos die Agrippa-, Pythagoras- en Chaldeuse stelsel.
Engelgetalle Engelgetalle, soos in 2005 deur Doreen Virtue en Lynnette Brown gedefinieer, is nommers wat uit herhalende syfers bestaan, soos 111 of 444. 'n Paar gewilde publikasies het al artikels gepubliseer wat daarop skimp dat die nommers numerologiese waarde het.
Verwysings
Bronne
Nog leesstof
Skakels Number symbolism by Encyclopædia Britannica
Kategorie:Waarsêery Kategorie:Getallestelsels