Die Sorbonne Universiteit (ook bekend as Sorbonne Université) is 'n Franse universiteit in Parys. Dit is op 1 Januarie 2018 gestig deur die universiteite van Parys-Sorbonne (Parys-IV) en Pierre-et-Marie-Curie (Parys-VI) saam te smelt.« Sorbonne université » : Pierre-et-Marie-Curie et Paris-Sorbonne en route vers la fusion

Dit is in drie fakulteite verdeel: die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, die Fakulteit Geneeskunde en die Fakulteit Wetenskappe en Ingenieurswese. In 2019 was daar 55 600 studente aan die Sorbonne Université, waarvan 10 200 internasionale studente en 6 700 navorsers en navorsingsprofessore was.Classement QS 2022 : découvrez les meilleures universités françaises

Die QS World University Rankings vir 2021, wat die beste universiteite ter wêreld onderskei, plaas Sorbonne Université in die 97ste plek.Classement de Shanghai 2020: les universités françaises en progression

Bekende gegradueerdes Yann LeCun, Franse rekenaarwetenskaplike wat hoofsaaklik in die velde van masjienleer, rekenaarvisie, mobiele robotika en rekenaarneurologie werksaam is.

Verwysings

Eksterne skakels - Die universiteit se webwerf

Kategorie:Franse universiteite Kategorie:Parys