Molibdeen(VI)oksied of molibdeentrioksied is 'n verbinding van molibdeen in sy hoogste +6 oksidasietoestand met formule .

Dit kom in die natuur voor as die mineraal molibdiet

Kristalstruktuur Molbdeen(VI)oksied kristalliseer in 'n gelaagde ortorombiese struktuur wat die argetipe van die D0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die lae bestaan uit effens verwronge -oktaëders bestaan. Die Mo-O afstande wiseel van 180 tot 235 pm. Dit kan beskou word as gevorm uit -agtige kettings, met rand- en hoekpunt-delende -oktaëders wat 'n geboë laag vorm. Hierdie lae word geskei deur 'n ware vanderwaalsgaping en die oksied ondergaan 'n volledige reeks topotaktiese redokschemie soortgelyk aan dié wat die metaaldikalkogeniede soos molibdeendisulfied vertoon. kan interkaleer en sal ook redelik groot organometaalgaste akkommodeer.

links|duimnael|Die struktuur van '- Die ortorombiese --modifikasie is die stabiele fase, maar daar is ander strukture wat bekend is. Parise et al. rapporteer 'n monokliniese fase '- wat verkry kan word deur die fase in suurstof te verhit. Dit het 'n struktuur wat van die ReO3-struktuur afgelei is. Daar is ook 'n heksagonale fase met P6/m en a = 1052,7(1) pm, c = 372,45(7) pm. Dit is egter 'n hidraat wat uit 'n ammoniaat-hidraat verkry kan word.

Chemiese eienskappe Daar is twee hidrate bekend: en . Dit word ook molibdeensuur genoem en kan as en geskryf word. kan as die suuranhidried beskou word.

Dit los goed op in oormaat basis en vorm molibdate, soos natriummolibdaat.

Dit is ook oplosbaar in koningswater of 'n mengsel van salpeter- en swaelsuur.

Verwysings

oksied Kategorie:Anorganiese verbindings