Vir oorlogvoering op die internet, sien Kuberoorlogvoering. duimnael|Amerikaanse Ruimtemag personeel wat 'n satellietantenna tydens 'n elektromagnetiese oorlogvoering militêre oefening.
Elektroniese oorlogvoering of elektromagnetiese oorlogvoering is oorlogvoering wat die gebruik van die elektromagnetiese spektrum behels. Dit kan ook die gebruik van gerigte energie wees om die spektrum te beheer, 'n vyand aan te val of vyandelike bedrywighede te belemmer. Die doel van elektromagnetiese oorlogvoering is om die teenstander die voordeel te ontsê van—en vriendelike onbelemmerde toegang tot—die elektromagnetiese spektrum te verseker. Elektromagnetiese oorlogvoering kan vanaf lug, see, land, of ruimte toegepas word deur stelsels met en sonder bemanning, en kan kommunikasie, radar, of ander militêre en burgerlike bates teiken.
Geskiedenis Die vroegste gedokumenteerde gebruik van elektroniese oorlogvoering was tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899–1902. Die Britse Leër het, toe hulle probeer om Ladysmith, onder beleg deur die Boere, 'n soeklig gebruik om Morsekode-seine van die wolke af te "weerkaats". Die Boere het dit dadelik raakgesien en een van hul eie soekligte gebruik in 'n poging om die Britse seine te blokkeer. Dit is grafies beskryf deur Winston Churchill in sy boek London to Ladysmith via Pretoria.
Verwysings
Bronnelys Joint Publication 3-13.1 Electronic Warfare The Changing Capability of Manpack Electronic Warfare Systems Carlo Kopp. "Electronic Warfare in Operation Desert Storm", Australian Aviation, June/July/August, 1993 Association of Old Crows Electronic Warfare Jamming Systems Information Warfare, Information Operations and Electronic Attack on APA Electronic Warfare Products Air Force Instruction on Electronic Warfare (EW) Operations (PDF)